STIL – ’n triomf

Teaterproduksie takel maatskaplike vraagstukke met passie en gees.

STIL – die naam gee nie veel weg nie. Sonder waarskuwing gryp dié produksie jou aan die keel, sleep jou in, en los nie voordat die wilde rit verby is nie.

STIL is ’n Universiteit van Stellenbosch Woordfees-produksie van ’n belowende en innoverende teaterskrywer, Jannes Erasmus.

Die produksie word tans by Hoërskool Eldoraigne se kleinteater opgevoer. Dit is tot Donderdagaand te sien en kaartjies kos R50.

Die oomblik wanneer gaste by die teater instap, besef hulle die produksie is anders. Daar is die agtergrond-gedreun van Tulpa se She went by. Dan is Jannes Erasmus en Zöricke Snyman reeds by ’n tafel op die verhoog, voor hulle onderskeidelik Stef en Nina vertolk.

Die stuk is intiem, persoonlik, eerlik, en skram nie weg van bloed nie. Dit pak ook moeilike onderwerpe sonder skroom aan.

Die beligting is minimalisties, maar word dramaties aangewend.

Die ligte, wit en geel, is regoor die verhoog geplaas en word af-en-aangeskakel wanneer tonele tussen die hede en verlede spring.

Lig bons en trek oor Erasmus en Snyman se gesigte. Elke klein emosie en uitdrukking word uitgelig.

Die kontras van menslikheid, lig en donker, word uitgebeeld met ligte wat een helfte van elke akteur se gesig verhelder, terwyl die ander donker bly.

STIL se klimaks is die hoogtepunt.

Snyman staan vrou-alleen op die verhoog en lewer ’n optrede wat die gehoor na hul asems laat snak.

STIL is ’n triomf. ’n Klein produksie wat oorloop van passie en siel.

Dit is beslis nie vir jong of sensitiewe kykers nie.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

Related Articles

Back to top button