VIDEO: APPEL gesels oor opkomende Bands for Bricks fees

“Ek dink dit is belangrik om hoop te saai tans in Suid-Afrika en soos ons almal weet wat gesaai word sal gemaai word,” verduidelik Appel aan Rekord.

Bands for Bricks vind op Sondag 14 Julie 2019 by Sun Arena, Time Square plaas met talle bekendes betrokke om die lewe vir talle ander in minderbevoorregte areas te verbeter.

Christoph Kotze, wat ook bekendstaan as Appel, is een van Suid-Afrika se mees populêre kontemporêre Afrikaanse liedjieskrywers. Hy het al liedjies vir kunstenaars soos Theuns Jordaan, Karlien van Jaarsveld, EDEN en Bok van Blerk geskryf, net om ’n paar te noem.

Appel het ’n absolute passie vir musiek en dis duidelik in van sy bekendste liedere.

In 2019 het hy besluit om by Bands for Bricks betrokke te raak.

LEES OOK: VIDEO: Pta-sanger spog met populêre enkelsnit

“Ek dink dit is belangrik om hoop te saai tans in Suid- Afrika en soos ons almal weet wat gesaai word sal gemaai word,” verduidelik hy aan Rekord.

Appel sien uit om saam met van sy kennisse en vriende in die bedryf vir ’n slag die verhoog te deel, en kan nie wag om dit te doen terwyl hy ’n verskil maak nie.

“Ek is vreeslik opgewonde om die legendes op die verhoog te sien waarmee ons groot geword het.”

Bands for Bricks gaan sorg om fondse in te samel vir SA Cares for Life, Beeld se kinderfondsprojek en Groot FM se HOOPstoot.

Oor sy stel, en die musiek wat hy vir die gehoor voorberei, is hy baie opgewonde.

“Met Bands for Bricks kan mense uitsien na akoestiese weergawes van my gunsteling liedjies. Ek is baie opgewonde om my siel en storie te deel.”

LEES OOK: Afrikaanse sanger nou ook ’n melktertkampioen

Ander kunstenaars om na uit te sien vir vanjaar se Bands for Bricks fees is Anton Goosen, Koos Kombuis, Valiant Swart, Jan Blohm, Gian Groen, Klopjag, Die Melktert Kommissie, Roan Ash, Tidal Waves en nog baie meer.

Om kaartjies te koop vir hierdie spesiale geleentheid, besoek gerus iTickets se webwerf.

Vir meer inligting, besoek Band for Bricks se Facebookblad by https://www.facebook.com/bandsforbricks/

APPEL nooi Rekordlesers uit na Bands for Bricks in Julie:

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button