VIDEO: Joe Foster in ekstase oor ‘Bands for Bricks’

Die gewilde Afrikaanse sanger Joe Foster het met Rekord gesels oor sy ondervinding met dié fees sover en hoekom hy betrokke geraak het.

Binnekort sal ’n musiekfees die lewens van dosyne mense in die ooste van Pretoria verbeter.

Bands for Bricks vind op Sondag 14 Julie 2019 plaas met talle bekendes betrokke om die lewe vir talle ander te verbeter.

Die gewilde Afrikaanse sanger Joe Foster het met Rekord gesels oor sy ondervinding met die fees sover, hoekom hy betrokke geraak het en wat dit vir die gemeenskap van Plastic View gaan beteken.

LEES OOK: VIDEO: Pta-sanger spog met populêre enkelsnit

“Ek is so paar jaar terug gediagnoseer met alopecia. Dit is ’n tipe haarverlies toestand wat in kolle op jou kop onstaan, dit gebeur skielik en onverwags. Daar is geen geneesmiddel vir dit nie; dit kan ligtelik behandel word, maar dit is iets wat ek besluit het om te aanvaar en om mee saam te leef,” sê hy.

“Hierdie moeilike stryd het tot ongelooflike dinge in my lewe gelei, en dit het my op ’n pad gebring wat ek nooit verwag het nie. Een van die dinge waarby ek in 2019 meer betrokke is, is liefdadigheidsprojekte, en Bands for Bricks is een van hulle.”

Foster, soos vele ander in die bedryf, gaan by Bands of Bricks betrokke raak, wat ook by SA Cares for Life betrokke is, wat leiers is in die oprigting van familieprojekte om te sorg vir kinders in nood.

“Hierdie projek gaan sorg om fondse in te samel vir SA Cares for Life, Beeld se kinderfondsprojek en Groot FM se HOOPstoot. Dit is te lekker om terug te gee, dit laat mens voel dat jy net by meer liefdadigheidsprojekte betrokke wil raak,” verduidelik Foster.

Kyk hier na Joe Foster en Johan C Venter se amptelike video vir “Voel my Pols”:

Verder in 2019 sien Foster uit om by ander geleenthede soos ’n fondsinsameling vir die Sunflower Fund en nasionale alopesie maand in September betrokke te raak.

Met betrekking tot die sanger se eie musiek sê hy, “Ek gaan vir seker nuwe musiek vrystel hierdie jaar, en ’n nuwe liedjie waarop ek verskriklik trots is, “Voel My Pols” is offisieël Woensdag op YouTube beskikbaar,” verduidelik hy.

LEES OOK: Afrikaanse sanger nou ook ’n melktertkampioen

Ander kunstenaars om na uit te sien vir vanjaar se Bands for Bricks fees is Anton Goosen, Koos Kombuis, Valiant Swart, Jan Blohm, Gian Groen, Klopjag, Die Melktert Kommissie, Roan Ash, Tidal Waves, Appel en nog baie meer.

Om kaartjies te koop vir hierdie spesiale geleentheid besoek gerus iTickets se webwerf.

Vir meer inligting, besoek Band for Bricks se Facebookblad by https://www.facebook.com/bandsforbricks/

Joe Foster. Foto: Facebook
Joe Foster. Foto: Facebook

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

Related Articles

Back to top button