KOMPETISIE: Wen kaartjies om Corlea Botha en Jannie Moolman op verhoog te sien

Begin die feesseisoen op die regte noot en skryf in vir hierdie vertoning by die Atterburyteater.

Die jaar staan alweer op sy kop en soos oudergewoonte is twee van Suid-Afrika se gunstelinge terug op die Atterburyteater se verhoog met ’n nuwe produksie spesiaal vir die feesgety.

Jannie en Corlea staan nie net bekend as twee van die grootste stemme in ons industrie nie, maar ook vir die wonderlike manier waarop hulle elke gehoor meevoer.

In Kersfees stories, hoor ons verhale van wyd en suid, so kleurvol soos die liggies om die boom gestring.

Hulle deel spesiale gedigte, elkeen spesifiek gekies soos handgemaakte ornamente, en hang dit plek-plek om ons gedagtes te versier.

Die musiek is die kern van die reis – van outydse, tot hedendaagse treffers – sal elkeen uniek en mooi getooi wees soos die geskenke onder die boom.

Kom geniet hierdie splinternuwe vertoning – dis die perfekte manier om die feesseisoen te betree.

KOMPETISIE:

Rekord het twee dubbelkaartjies om vir die 11 Desember vertoning en twee dubbel kaartjies om vir die 13 Desember vertoning weg te gee. Albei vertonings begin om 20:00. Om in te skryf vir die kompetisie, vul die onderstaande kompetisie vorm in en gebruik die woord KERSFEES STORIES as sleutelwoord.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button