Wen ‘n Lollos DVD

Wen 'n wonderlike DVD.

Die vertoning vind plaas Sondag, 25 Junie om 13:00 by Victory Life Church Montana.

Lollos 9 – Mallemeule

Willa die Gorilla het vir Lollos en Lettie uitgenooi vir ete, maar hy háát dit as iemand laat is! Willa is die baas van Aapstert Bos, ‘n wonderlike pretpark met ‘n Tuimeltrein en ‘n Wolkie Wiel en alles wat lekker is. Lollos, Lettie, Disco en Karla spandeer die hele dag in die park en geniet die speletjies en pretritte terdeë terwyl hulle nuwe liedjies sing soos Voer die Varkie Vet, Woep-Wap en Lalalollie – maar sal hulle onthou om betyds te wees vir hul afspraak?

Bietjie meer oor Lollos:

Lollos is ‘n opvoedkundige Afrikaanse vertoning gerig op kinders tussen die ouderdomme van 1-10 jaar oud. Lollos se hele uitgangspunt is om kinders aktief te kry en saam te dans – die vertonings is dus uniek deurdat terwyl hulle lekker saam beweeg en fiks word hul ook iets leer.  Hulle leer onder andere die ABC, hoe om te tel, die dae van die week, hoe om gesond te eet en fiks te raak, hulle leer van ons land, herwinning en vele meer.

Lollos stel jaarliks ‘n nuwe produksie, CD en DVD bekend. Hierdie produksie, Lollos 8 – Skaterlag is einde Maart 2016 by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees in Oudtshoorn bekendgestel.

Lollos het tot op hede 7 CD’s en DVD’s uitgereik waarvan 6 platinum status bereik het. Lollos het ook ‘n SAMA toekenning gewen vir die beste kinderalbum; ‘n Ghoema toekennning nominasie in 2015, en dan het ons ook in 2015 die Tempo Toekenning gewen vir die topverkoper DVD.

Lollos en die karakters is so gewild dat ons oor die afgelope paar jaar ons eie reeks produkte bekendgestel het wat onder andere storieboeke, aktiwiteitsboeke, badprodukte, klere, sagtespeelgoed, rugsakke, beddegoed, kampstoele, ‘n Lollos partytjiereeks en dies meer insluit. ‘n Hele paar van hierdie items sal ook op die dag by die konsert te koop wees.

KOMPETISIE:

Rekord het een Lollos DVD om weg te gee, om in te skryf vir die kompetisie, vul die onderstaande kompetisie vorm in en gebruik die woord ‘LOLLOS’ in die sleutelwoord blokkie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button