Gospel-skouspel beplan om nog ‘n jaar te vermaak

Rekord gee vyf dubbel kaartjies weg vir gelukkige lesers.

Die tiende Gospel-skouspel word Saterdag, 27 Augustus by die Moreleta Park Ouditorium aangebied.

“Na die tiende jaar van hierdie glansryke produksie het ek begin vra of dit nie dalk die einde van ’n era beteken nie, maar die geweldige reaksie van die gehoor en selfs die kunstenaars het my twee keer laat dink,” sê uitvoerende hoof van Groot fm en Tygerberg 104FM, Hardus Zevenster.

“Die vraag bly egter, gaan dit die laaste Gospel-skouspel wees? Hopelik nie, maar daar is nog nie duidelikheid daaroor nie,” het hy bygevoeg.

Die skare sal hierdie jaar vermaak word deur al hul gunsteling Gospel-kunstenaars en dit op een verhoog. Kunstenaars onder wie Juanita du Plessis, Elvis Blue, Joe Niemand, Retief Burger, Corlea en Loyiso is deel van die program.

Daar gaan ook ’n spesiale optrede deur Gavin Edwards, naaswenner van The Voice SA, wees.

Goeie nuus is dat vyf gelukkige lesers dubbel-kaartjies vir die Gospel-skouspel kan wen. Besoek Rekord se webtuistes vir meer inligting.

Vyf gelukkige Rekord-leser staan die kans om een dubbelkaartjie te wen. Vul die onderstaande vorm in met die sleutelwoord ‘GOSPEL’.

Related Articles

Back to top button