Wen kaartjies om The Bats: “That old Bat Magic” te sien

Staan 'n kans om goeie kaartjies te wen.

So, jy’t gedink The Bats is 100% Suid-Afrikaans? Wel, jy’t nog niks gesien nie, baby, of liewer…. “Vat ‘n kort draai links China toe, die toppies is nou in hul volle glorie, trots en duidelik hard  Suid-Afrikaans.”

En laat ek jou vertel, dis ‘n splinternuwe vertoning wat jou op ‘n taxi-rit van die Kaap tot by die townships sal vat, van die 60’s tot nou, met geen stilhouplekke nie, net lekker lag en draaie wat jou hare orent sal laat staan. Okei, nie soveel van die hare en gevaarlike draaie nie, maar nogsteeds ‘n rit wat jy nooit sal vergeet nie. En al vier wiele is nog heel; Eddie Eckstein, Paul Ditchfield, Pete Clifford en Derek Gordon is nogsteeds almal so te sê padwaardig.

As een van Suid-Afrika se langste lopende produkte met ‘n onbeperkte mylafstand, is The Bats terug met hul brandmerk van onvergeetlike musiek en “lag-jou-‘n-papie” humor en beloof om die nag om te Rock en te lag. So as jy van al jou probleme wil vergeet soos byvoorbeeld Zuma, Julius en die E-tols, kom maak ‘n draai en hulle sal jou help ontspan. Ja, hierdie vier uitstekende legendes sal vir jou die mees amazingste show bring wat koel, kief en sommer plein lekker sal wees… seriaas!

Hierdie ouens is nog lank nie klaar nie! Daag op. Hulle is legendaries!

Datum: 28 Mei 2016

KOMPETISIE:

Staan ‘n kans om een stel dubbel kaartjies te wen om The Bats: “That old Bat Magic” te sien in die Atterburyteater. Om vir die kompetisie in te skryf, vul gerus die inskrywingsvorm hieronder in en gebruik die word ‘BATS’ in die sleutelwoord blokkie.

 

Related Articles

Back to top button