Wen kaartjies vir Modder en Bloed

Staan 'n kans om goeie kaartjies te wen.

Die hoog aangeskrewe nuwe Afrikaanse film Modder en Bloed (met Engelse byskrifte) is van Vrydag af by Nu Metro Woodlands in Pretoria te sien.

Die rolprent handel oor ‘n groep Anglo-Boereoorlog gevangens op St. Helena-eiland se ontberings, uithouvermoë en die dapper aanvaarding van ‘n uitdaging.

Dit spog met een van die grootste rolverdelings nog in ‘n Suid-Afrikaanse film.

Plaaslike akteurs wat te sien is, sluit in Stian Bam, Altus Theart, Edwin van Jaarsveld, Grant Swanby, Bok van Blerk, Deon Lotz, David Louw, Albert Maritz, Michael Richard, Jacques Bessenger en Albert Pretorius.

’n Paar bekende Britse akteurs maak ook deel uit van die indrukwekkende rolverdeling.

Modder en Bloed is geskryf deur Sean Else en hy is ook die regisseur. Die fliek is vervaardig deur Llewelynn Greeff, Henk Pretorius en Sean Else.

Willem Morkel (Stian Bam), ‘n boerekryger en familieman, se vrou en enigste kind word tydens die Anglo-Boereoorlog (1899 – 1902) deur Britse soldate vermoor, waarna hy saam met ander boere-krygsgevangenes op St. Helena-eiland in die Atlantiese Oseaan aangehou word.

Hier word die Engelse-konsentrasiekamp beheer deur Kolonel Swannell (Grant Swanby), ‘n vurige imperialis met ‘n onblusbare haat teenoor die Afrikaner.

Met die bystand van sy mede-gevangenes aanvaar Willem ‘n uitdaging wat uiteindelik sal lei tot soete wraak in die belangrikste rugbywedstryd van hul lewens.

KOMPETISIE:

Staan ’n kans om twee kaartjies te wen om Modder en Bloed te gaan kyk. Om vir die kompetisie in te skryf vul gerus die aansoekvorm hieronder in. Gebruik die woord ‘MODDER’ in die sleutelwoord blokkie.

Related Articles

Back to top button