Pajama-aand ‘n treffer

Die SPAR pajama fliek-aand is Maandagaand aangebied.

Met groot opgewondenheid het dosyne vroue in hul pajamas deur Brooklyn Mall geparadeer om sterre van die nuwe gewilde Afrikaanse romantiese komedie Vir altyd te ontmoet.

Die SPAR dames pajama-aand wat Maandagaand by Ster Kinekor aangebied is, was ’n aand van opwinding en welwillendheid. Die R25 000 wat ingesamel is, gaan aan die Hanna charity and empowerment foundation geskenk word.

Daar was ’n vlaag van pienk pajamas en pantoffels en gaste het ‘selfies’ saam met die rolprentsterre geneem. Die vroue is met ’n heerlike aarbei- of vanilla-melkdrankie en sjokolade-koekie verwelkom.

Jacaranda FM se Rian van Heerden het die vroue met ‘n paar grappies vermaak en pryse uitgedeel.

Die fliek het 20:00 begin en die vroue is elkeen aan die einde van die aand met ’n SPAR-geskenkpakkie verras.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button