Wen kaartjies om In die Grond van die Wind te sien

Staan 'n kans om In die Grond van die Wind te kyk.

Hoe ver sal die mens gaan vir Vryheid van onderdrukking? In die Grond van die Wind handel oor ‘n groep boere wat geweier het om onder die Britse vlag te staan en hulself in Patagonië, Argentinië gaan vestig het. Die aanbieding is hoofsaaklik in Spaans en vat jou op ‘n pelgrimstog van geluk en hartseer van ‘n groep Afrikaners opsoek na Vryheid – vanaf Suid-Afrika se konsentrasiekampe tot in Argentinië se pampas vlaktes.

Dit is ‘n Suid-Afrikaanse storie wat deur Afrikaanse en Argentynse volksmusiek vertel word en die gebeure meer as ’n eeu gelede ’n eietydse eggo het.

Met Drikus Volschenk (solis),  ‘n mannekoor van tien sangers, CH2 (kitare), Kobus van der Walt (baskitaar), Jardus Smith (perkussie), Sergio Zampolli (trekklavier), Matthys Coetzee (tjello), Simon Korb (trompet) en Awie van Wyk/Coenraad Rall (klavier).

Meer inligting:

Plek: Atterburyteater, Pretoria.

Datum: 20 Februarie 2016.

Tyd: 20:00

KOMPETISIE:

Staan ‘n kans om vier kaartjies te wen om In die Grond van die Wind te gaan kyk. Om vir die kompetisie in te skryf, vul gerus die aansoekvorm in hieronder en gebruik die woord ‘GROND’ in die sleutelwoordblokkie.

Related Articles

Back to top button