Wen kaartjies na die ‘Modder en bloed’ voorskou by The Grove

Die rolprent gaan oor 'n groep Anglo-Boereoorlog-krygsgevangenes op St. Helena-eiland.

Die rolprent gaan oor ‘n groep Anglo-Boereoorlog-krygsgevangenes op St. Helena-eiland. Hul ontberings, uithouvermoë en dapper aanvaarding van ‘n uitdaging.

Die rolverdeling spog met ‘n rits groot name soos Stian Bam, Altus Theart, Edwin van der Walt, Grant Swanby, Bok van Blerk, Deon Lotz, David Louw, Albert Maritz, Michael Richard, Jacques Bessenger en Albert Pretorius.

Willem Morkel (Stian Bam), ‘n Boerekryger en gesinsman se vrou en enigste kind word tydens die Anglo-Boereoorlog (1899 – 1902) deur Britse soldate vermoor. Daarna word hy saam met ander Boere-krygsgevangenes op St. Helena-eiland in die Atlantiese Oseaan aangehou.

Die Engelse konsentrasiekamp word deur Kolonel Swannell (Grant Swanby) beheer. Hy is ‘n vurige imperialis met ‘n onblusbare haat teenoor Afrikaners.

Met die ondersteuning van medegevangenes aanvaar Willem ‘n uitdaging wat uiteindelik sal lei tot soete wraak in die belangrikste rugbywedstryd van hul lewens.

Britse sterre in die rolverdeling sluit in Charlotte Salt (Beowulf/The Tudors), Patrick Connolly (Inferno/Crushed), Nick Cornwall (Blood Loyal/Retribution) en Josh Myers (The Sweeney/Anti-Social). Die rolprent begin amptelik op 1 April landwyd in teaters.

Wen: 25 gelukkige Rekord lesers staan die kans om ‘n stel dubbelkaartjies te wen na ‘n eksklusiewe voorskou van hierdie sterbelaaide fliek. Die voorskou vind plaas op die 14 Maart om 20:h00 en sal bygewoon word deur van die sterre.

Om in te skryf: Vul die onderstaande vorm in. Die sleutelwoord is OpGeeNooit en die kompetisie sluit op 10 Maart om middernag.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button