Wen kaartjies om Vir Altyd te sien in die flieks

Wen kaartjies om Vir Altyd te kyk.

Die sterre, skrywers en vervaardigers van die bekroonde Afrikaanse lokettreffer, Pad na jou Hart, is nou terug op die groot skerm in Vir Altyd. Ivan Botha en Donnalee Roberts vertolk die hoofrolle in hierdie nuwe romantiese drama-avontuur, wat nou wys by Nu Metro Menlyn en Woodlands in Pretoria. Ander bekende plaaslike akteurs soos Elize Cawood, Wilson Dunster, Illse Roos, en Dirk Stoltz is ook te sien in die rolverdeling.

Tydens beste vriende Nina en Hugo se grootwordjare, was daar nooit ’n tekort aan avonture nie, maar nou is daar net pynlike herinneringe oor.

Op die ouderdom van 28 keer Hugo, ’n suksesvolle reisfotograaf, vir die eerste keer na 10 jaar terug na sy ouerhuis in die Paarl—onbewus dat dit die vooraand is van Nina se feëverhaaltroudag.

Onverwags word Hugo deel van Nina se groot dag. Dit is hier waar hulle lewens wéér in ’n oogwink verander. Nina se mooiste oomblik verander ’n verwoestende storm wanneer Retief, haar aanstaande, nie trou aan haar kan beloof nie en haar alleen en verneder voor die kansel laat. Die histeriese Nina het ’n spogtroue gereël en dring daarop aan om voort te gaan daarmee, met of sonder haar bruidegom. Na baie sjampanje en ’n lang aand van groot partytjie, skrik Nina en Hugo in ’n vliegtuig wakker terwyl die loods se stem hulle op Mauritius, die tropiese eiland van liefde, verwelkom.

Niks kon Hugo en Nina voorberei vir die avontuur wat sou voorlê nie.

Vir meer inligting en om kaartjies te bespreek, gaan na www.numetro.co.za of skakel Nu Metro via tel: 0861 246 362.

KOMPETISIE:

Staan ‘n kans om twee kaartjies ten wen om hierdie rolprent te kyk. Om vir die kompetisie in te skryf, vul gerus die onderstaande aansoekvorm in, en gebruik die woord ‘ALTYD’ in die sleutelwoord seksie.

 

Related Articles

Back to top button