10 minute saam met die manne van Eden

Ons het met die lede van Eden gaan gesels om meer oor die manne se danspassies, hulle gewildste liedjie en uitrustings uit te vind.

Dié groep se albums verkoop soos soetkoek en na meer as 10 jaar in die musiekbedryf laat die manne van Eden steeds aanhangers na hul konserte stroom.

Get It het met die lede van dié gewilde groep gesels om meer oor hul danspassies, hul gewildste liedjie en uitrustings uit te vind.

1. Julle is steed Suid-Afrika se mees gewildste ‘boy-band’. Wat is die geheim tot julle sukses?

Dit het lank geneem om ons klank te ontdek, maar ons dink dit is omdat ons onsself nie te ernstig opneem nie. Daar is ‘n gevoel van pret en stout wees en mense gaan net pret hê op Eden se musiek.

2. Hoekom sal julle sê werk die drie van julle so goed saam?

Ons ken mekaar so goed dat ons weet wat sal werk sonder om dit te sê. Ons het saam op die ‘journey of discovery’ gegaan en dit hoor en sien jy in ons musiek.

3. Wie is die beste danser in die groep?

Verseker Paulo, dis die latino bloed…

4. Wie is die grapjas in die groep?

Ons almal is maar snaaks maar weer sal ons sê Paulo vat die koek. As hy ‘n gaping op die verhoog kry, kan jy hom nie stop nie.

5. Wie is die meer ernstiger lid van die groep?

Johan, hy dink baie. Dit is seker hoekom hy so ‘n goeie liedjieskrywer is.

6. By AIG 2014 het julle die gehoor aan jul voete gehad met sang en danspassies. Wie werk jul choreografie uit?

Willie Venter het die passies vir die 2013 en 2014 vertonings uitgewerk en goeie werk daarvan gedoen.

7. Wat is jul gunsteling liedjie van jul jongste album, en hoekom?

Dirty Dancing, want ons het bietjie weggebreek van die ou klanke na iets nuut, sonder om die Eden-styl te verloor.

8. Ons hou van jul modestyl, het julle ‘n spesifieke ontwerper/stilis of is dit julle eie klere?

Yihann Bron ontwerp baie van ons klere maar ons doen ook soms van die ontwerpe self.

9. Al drie van julle is steeds net so aantreklik soos die dag toe julle die eerste keer op die verhoog verskyn het. Enige spesiale skoonheidswenke? (Ja, ons weet julle is mans, maar selfs mans gebruik vogroom).

Drink baie water en oefen, daar is niks beter as om gesond te wees nie.

10. Wat kan ons volgende van Eden verwag?

Ons is besig met ‘n nuwe liedjie wat dalk eksklusief gebruik gaan word vir die einde van die jaar en dan is ons weer by die Afrikaans is Groot-konsert in November te sien.

11. Julle is elkeen weg van Eden ook besig met eie projekte en jul werk. Hoe balanseer julle tyd met die groep en ander werk?

Dit is moeilik om almal bymekaar te kry, maar Eden is ‘n lekker projek, so ons maak tyd daarvoor.

12. Enige nuwe musiekvideos waarna ons kan uitsien?

Ons het gedink om ‘n musiekvideo vir 458 Italia te skiet, julle sal maar moet uitkyk of ons dit reggekry het.

13. Die liedjie Superhero, is een van jul gewildste liedjies nog. As julle elkeen ‘n superhero kan wees, wie sal dit wees en hoekom?

Paulo: Ek sal graag Ironman wil wees, was altyd ‘n techno junkie. Ek is lief vir dinge met knoppies en PC boards.

Jay: Superman, say no more…

Johan: Weet nie, dalk ‘The Invisible Man’, jy kan dan maklik verdwyn as dinge gevaarlik raak.

14. Uit die aard van die saak is die manne van Eden baie nou by Afrikaans is Groot betrokke. Wat maak dié vertonings so gewild en spesiaal?

Dit is altyd uniek en vol verrassings, beslis die hoogtepunt van die jaar. Die hoeveelheid tyd en geld wat in die produksie gesit word maak dit ‘n besonderse geleentheid.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

Related Articles

Back to top button