Wen kaartjies vir Dana Winner konsert

Staan 'n kans om fantastiese pryse en kaartjies te wen met Rekord en Dana Winner.

Goeie nuus vir Dana Winner aanhangers, die sangeres kom September Suid Afrika toe! Sy gaan twee Special Arena Shows doen in beide Kaapstad en Johannesburg, en die gehoor sal die eerstes wees om haar splinternuwe treffer te hoor wat spesiaal as huldeblyk aan haar derduisende Suid-Afrikaanse aanhangers opgedra word.

“As Jy My Kon Verstaan” is ‘n lied wat uitstekend gekomponeer en ook verryk is met lirieke wat gevul is met passie asook ware, betekenisvolle liefde. Hierdie treffer sal, sonder enige twyfel, Suid-Afrikaners herhinner aan Dana Winner se eerste Suid-Afrikaanse treffer “Droom Van My Geluk” asook die immergewilde duet saam Steve Hofmeyer “You Don’t Bring Me Flowers Anymore”.

Rakende haar Special Arena Shows, sê Dana: “Ek kan nie wag om hierdie eksklusiewe ervaring met my Suid-Afrikaanse aanhangers te deel nie, in die land wat soos my tweede huis voel. Albei arenas is ongelooflik en gee my hoendervleis. Tydens my besoek sal ek ook vergesel word deur my uitmuntende orkes en span uit België om hierdie spesiale produksie onvergeetlik te maak. Ek sien uit om al my grootste treffers, wat soveel goeie herhinneringe van Suid-Afrika terugbring, op te voer voor al my aanhangers wat my altyd laat tuisvoel.”

Die Belgiese superster sal by Carnival City, Johannesburg sowel as Grand Arena, Kaapstad wees vir twee ongelooflike vertonings. Op 11 September 2015 sal sy by die Big Top Arena, Carnival City, Johannesburg wees en 12 September by die Grand Arena, Grand West, Kaapstad. Kaartjies vir hierdie unieke ervaring is nou by Computicket beskikbaar!

KOMPETISIE:

Rekord het een VIP Pakket (1 x dubbel kaartjie, drankies voor die tyd en ‘n ontmoeting met Dana Winner), een dubbel kaartjie met ‘n getekende CD van Dana Winner se Bloom, asook 1 dubbel kaartjie met ‘n getekende DVD van Dana Winner se Beautiful Life Arena Show om weg te gee.

Vir jou kans om hierdie fantastiese vertoning by te woon, SMS die woord DANA, saam met jou naam en van na 42282. Die kompetisie sluit Maandag 24 Augustus 2015. SMSe kos R1.50 elk. Gratis SMSe geld nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button