Video: Harte klop warm toe volkslied by Innibos weergalm

Feesgangers van alle rasgroepe het ingehaak gestaan tydens die opening van Innibos Woensdagaand.

“Dit was weer soos met die Rugby Wêreldbeker in 1995 toe Madiba met sy Springboktrui op die veld verskyn het. Ek het hoendervleis gekry en was so trots op daardie oomblik.”

Dié reaksie van Jeanné Fuchs was Woensdagaand beskrywend van die algemene gevoel by Innibos toe dit met ‘n video met die volkslied geopen is.

Feesgangers van alle rasgroepe het ingehaak gestaan en ander se hande was op hul bors terwyl hulle “Nkosi Sikelel’ iAfrika” uit hulle harte gesing het. “Toe die volkslied begin speel, het ek ‘n trotse gevoel gekry,” het Hans Nel gesê. “En dit het reg gevoel, sonder ongemak.”

“Innibos is ‘n nasionale fees en ons kon nie aan ‘n beter manier dink om almal sommer van die begin af te verenig nie,” het Sandra Jacobs, media- en bemarkingsbestuurder, gesê. “Dit was nie regtig ‘n reaksie op Steve se blunder met ‘Die Stem’ nie.”

Die fees is geweldig gekritiseer nadat Steve Hofmeyr “Die Stem” verlede jaar op die hoofverhoog gesing het. Innibos is van rassisme eskuldig en honderde mense het gevra dat dit geboikot moet word. Organiseerders het egter verlede jaar op die hoofverhoog gesing het.. Innibos is van rassisme beskuldig en honderde mense het gevra dat dit geboikot moet word.

Organiseerders het egter volgehou dat hulle nie geweet het dat Hofmeyr die ou volkslied, wat met apartheid vereenselwig word, sou sing nie.

Innibos het hom nie weer hierdie jaar genooi om op te tree nie. Dié skuif het ook hope negatiewe terugvoer veroorsaak. Hofmeyr se aanhangers het op sosiale media en om elke hoek en draai gedreig om nie weer die fees te ondersteun nie, maar die organiseerders het bankvas by hul besluit gebly.

Ondanks die massas dreigemente om die fees te ignoreer, het die bywoningsyfer van die eerste dag met meer as 500 gegroei.

Daar was gister meer as 13 300 mense by Innibos.  Dit sluit die uitstallers, sekuriteitsbeamptes, borge en kunstenaars in. Verlede jaar was dié getal 12 827. Kaartjieverkope alleen het met meer as 1 300 toegeneem.

“Oor die algemeen was dit ‘n ongelooflike openingsaand,” het Jacobs gesê. “Ons het nog net uitstekende terugvoer oor die fees, asook die volkslied, gekry.”

Related Articles

Back to top button