Innibos 2015: Kom verdwaal op reis in vanjaar se kunswerke

Kuns Innibos is Dinsdagaand amptelik geopen.Verskeie uitstallings deur kunstenaars soos Wendy Malan, Tanisha Bhano en Griet van der Meulen se werke is vanjaar by Innibos te sien. Die enigmatiese Willem Boshoff is dié jaar se feeskunstenaar. Hy is tans besig met ‘n spesiale uitstalling vir die fees en het ook ‘n installasiekunswerk by die botaniese tuine.

‘n Boodskap van John Anthony Boerma, Innibos se kunskurator vir die 2015-uitstalling

Kuns, in watter media of vorm ookal, neem ons op ‘n reis. Dit is die krag van kunswerke wat die fantasieë, die drome en die skynbeelde in die kykers se ervaring van die kunswerk bepaal. Hierdie unieke ervarings verkry ‘n magiese kwaliteit as dit vervleg word en met mekaar in die psige en harte van die kykers in gesprek tree. Hierdie reis bly altyd onpeilbaar en nimmerstaties. Dit skep fatasieë in die verbeelding van die wat hulself toelaat om op ‘n reis te gaan in die kamma-wêreld wat die kunswerke aan ons bied.

Dus, verdwaal gerus op ‘n reis in die betowerende kunswerke van die 2015 Innibos Kunstefees-kunstenaars en ontdek dalk jou hart, en selfs mee, langs die pad.

Die Innibos Visuele Kunsuitstalling is vanjaar op Dinsdag 30 Junie amptelik geopen in die banketsaal van die Nelspruit Burgersentrum.

Related Articles

Back to top button