Deon Meiring verras leerders van Menlopark

Die hoofseun en hoofdogter van die Hoërskool Menlopark is Maandagoggend verras met uitnodigings na 'n nuwe film wat eersdaags die grootskerm tref.

Deon Meiring, van Glaskasfaam, het Maandagoggend persoonlik twee uitnodigings vir die première van Hollywood in my Huis 22 Junie, aan die hoofseun, Willem Hofmeyr, en hoofdogter, Alicia Swanepoel, van Hoërskool Menlopark oorhandig.

Met ‘n indrukwekkende hoeveelheid balonne en geskenkpakkies aan die twee hoofleiers, het Meiring ‘n toespraak gelewer waar hy die hele skool uitgenooi het om dié fliek, wat later vaneesmaand uitgereik word, te gaan kyk.

Die regiseur van Hollywood in my Huis, Corne van Rooyen, is persoonlik deur Charlize Theron geinspireer om die fliek te maak en dus is plaaslike bekendes, soos Meiring, die geleentheid gegee om self ons jongmense te inspireer deur hierdie uitnodigings af te lewer.

Lees ook:

Menlopark gekroon as T20 skolekampioen

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

 

Related Articles

Back to top button