“Treurgrond is sensasioneel en vol goedkoop truuks,” sê resensent

Die omstrede rolprent oor plaasmoorde, Treurgrond, open Vrydag landwyd in teaters, maar resensente meen dit is sensasioneel en vol goedkoop truuks.

Die omstrede rolprent oor plaasmoorde, Treurgrond, open Vrydag landwyd in teaters en die vervaardigers hoop dat dit R1 miljoen tydens die openingsnaweek kan verdien.

Dit ondanks ‘n Afrikaanse dagblad wat die rolprent, waarin die sanger Steve Hofmeyr die hoofrol speel, beskryf het as, “‘n Sensasionele fliek met goedkoop truuks wat ‘n verwarde boodskap na kykers uitstuur.”

Die resensent skryf ook dat Treurgrond ‘n vreemde keuse is om aan slagoffers van plaasmoorde hulde te bring. “Die dooies praat nie meer nie, maar dit is te betwyfel dat hulle ‘n B-graad-Hollywood-fliek met bloed teen die mure, hulle ledemate afgekap in die bad en slap kinderlyfies vol bloed sou versoek vir hulle nagedagtenis.”

André Fraunstein, die vervaardiger, het Vrydag aan Rekord gesê dit is absoluut die resensent se eie mening. “Mense moet self na die rolprent kyk en hulle eie oordeel vel. Dit was definitief nie ons bedoeling om met goedkoop truuks die storie oor plaasmoorde te vertel nie.”

Treurgrond, sê Fraunstein, is geskep vir ‘n spesifieke mark en diegene wat sterk oor plaasmoorde voel, sal aanklank by die rolprent vind.

Net twee Afrikaanse rolprente, wat nie in die populistiese mark val nie, het meer as ‘n miljoen Rand tydens ‘n openingsnaweek verdien. Ballade vir ‘n Enkeling, wat vroeër vanjaar uitgereik is, het R1.3 miljoen tydens die openingsnaweek verdien en Faan se trein, wat verlede jaar uitgereik is, het R1.4 miljoen verdien.

Fraunstein sê hulle sal teen Maandg die syfers beskikbaar kan stel.

Lees ook:

Groot nuus vir Karlien van Jaarsveld

Skouspel nie meer by Sun City

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button