Wen Kaartjies na die Protea Cullifest 2015

Naweke is vir ontspanning, maar as jy nie seker is wat om die komende langnaweek met jou self aan te vang nie, kan ons help. Dit is weer tyd vir die jaarlikse Protea Cullifest van 1 tot 2 Mei by die NG Premiermyn-gemeente. Die twee-dae lange fees bied vertonings deur Paul Luckhoff en Frank Opperman …

Naweke is vir ontspanning, maar as jy nie seker is wat om die komende langnaweek met jou self aan te vang nie, kan ons help.

Dit is weer tyd vir die jaarlikse Protea Cullifest van 1 tot 2 Mei by die NG Premiermyn-gemeente. Die twee-dae lange fees bied vertonings deur Paul Luckhoff en Frank Opperman op 1 Mei.

Vir Saterdag, kan musiekaanhangers uitsien na kunstenaars soos Willem Botha, MoniQue, Pieter Koen en Ampie.

Hierdie is die fees se 14de bestaansjaar en die Protea-blom dien as kern van hierdie keer se vieringe. Feesgangers gaan ook kans kry om van hul gunsteling-akteurs van 7e Laan en Binnelanders te ontmoet.

As ‘n spesiale vertoning, sal die rolprent Uitgevang, ‘n produk van versteekte kamerawerk, die aand van 1 Mei op ‘n groot skerm te sien wees.

Benewens vermaak, is daar ook heelwat bedrywighede om die kleinspan besig te hou.

Dagtoegang vir Vrydag 1 Mei beloop R30 vir volwassenes en R10 vir kinders tussen die ouderdomme van 6 en 12 jaar.

Dagtoegang vir Saterdag 2 Mei beloop R50 vir volwassenes en R20 vir kinders tussen die ouderdomme van 6 en 12 jaar.

Kaartjies vir die verhoogvertonings word afsonderlik verkoop teen R100 en R120 per persoon.

Kaartjies is beskikbaar by die fees of Computicket.

KOMPETISIE: Vir jou kans om een van tien dubbelkaartjies vir die fees op 2 Mei in Cullinan te wen, SMS die woord CULLINAN en jou naam en van na 42282. Die kompetisie sluit Donderdag 30 April om middernag. ‘n SMS kos R1.50. Gratis SMS’e nie van toepassing.

Vir jou kans om een van vyf dubbelkaartjies vir die Paul Luckhoff vertoning: Die koeël is deur die kerk op 1 Mei in Cullinan te wen, SMS die woord LUCKHOFF en jou naam en van na 42282. Die kompetisie sluit Woensdag 29 April om middernag. ‘n SMS kos R1.50. Gratis SMS’e nie van toepassing.

Vir jou kans om een van vyf dubbelkaartjies vir die Frank Opperman vertoning: Die klaagliedere van Ds Tienie Benadie op 1 Mei in Cullinan te wen, SMS die woord OPPERMAN en jou naam en van na 42282. Die kompetisie sluit Woensdag 29 April om middernag. ‘n SMS kos R1.50. Gratis SMS’e nie van toepassing.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button