‘CommitYourselfie’ veldtog vat vlam

Evita Bezuidenthout se #CommitYourselfie veldtog het onlangs opnuut vlamgevat toe 'n bekende glanspersoonlikheid haar stem by die veldtog gevoeg het.

Evita Bezuidenthout se #CommitYourselfie-veldtog het onlangs opnuut vlam gevat toe Hollywood-aktrise Charlize Theron, oorspronklik van Benoni, haar eie selfie vir dié veldtog geneem het.

Volgens tannie Evita is die landwye veldtog ‘n aanslag teen korrupsie en pessimisme, in die aanloop tot president Jacob Zuma se Parlementêre-openingsrede op 12 Februarie.

Sy vra almal om hul ‘CommitYourselfie’ foto’s, met voorstelle oor hoe die geld in Suid-Afrika bestee moet word, na haar te twiet.

“As ons die volk lei, sal die goewerment volg. ‘CommitYourselfie’ vir ‘n beter toekoms,” het sy op haar webtuiste ‘Evita se Perron’ geskryf. Haar veldtog, tesame met almal wat met hul ‘selfies’ hul steun bied, vereis dat korrupte leiers “die geld terugbetaal en bestee waar dit benodig word”.

As deel van die veldtog sal ‘n nuwe volkslied geskryf en opgeneem word, wat volgens die webtuiste die week van die openingsrede bekendgestel sal word.

Neem jy deel aan hierdie veldtog?

Stuur jou #CommitYourselfie-foto na Rekord en sê vir ons hoe jy as Pretorianer voel. Jy kan jou foto vir ons epos na editorial@rekord.co.za

Onthou ook om jou foto teen 6 Februarie op Twitter te plaas of te e-pos aan EvitaSelfie@gmail.com

Charlize Theron se #CommitYourselfie-foto.
Charlize Theron se #CommitYourselfie-foto.

Vir gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se verskeie webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

Related Articles

Back to top button