Anna Davel betower gehoor

Vertoning by Atterbuty Teater ’n groot sukses.

Anna Davel, bekroonde sangeres en kunstenaar, het Saterdagaand die verhoog haar eie gemaak en die gehoor tydens haar vertoning by die Atterbury Teater in Lynnwood behóórlik bekoor. Die vertoning was deel van die bekendstelling van haar nuwe album, ‘Moment’.

Met die ondersteuning van ’n uitstekende jong jazz-ensemble, het Davel ’n mengsel van nuwe en ou jazz- en popliedjies gesing, elkeen anders en uniek. Elke nuwe liedjie het ’n ander dimensie aan die vertoning verleen. Die hoogtepunt van die vertoning was Davel se uitmuntende vertolking van die bekende ‘Feeling Good’. Oor dekades heen het kunstenaars oor die wêreld, van die rock-groep Muse tot Michael Bublé en Nina Simone, al hul weergawes van ‘Feeling Good’ gelewer. Davel se weergawe tel ongetwyfeld onder die bestes.

“Ek het hierdie vertoning al sewe maande terug vasgemaak… ek het vir hom weer losgemaak. Ek het vir hom toe weer vasgemaak… weer losgemaak, en nou is ek uiteindelik hier,” het Davel tydens haar vertoning gesê.

Bekendes waaronder Jak de Priester, Mathys Roets, Annie Malan en André Odendaal het die vertoning bygewoon.

Ná die vertoning het die gehoor geleentheid gehad om oor ’n glasie wyn of koppie koffie met Davel en ander bekendes te gesels, CD’s te koop, en met mekaar te praat oor die vertoning.

“Die vertoning was vir my baie besonders,” het Izanda Ferreira gesê. “Anna Davel se liedjies spreek werklik tot die hart, dit is sielsliedjies. Dit praat oor daai diepste gevoelens van menswees, en ek dink dit is liedjies waarmee ons elkeen kan identifiseer.”

 

Vir gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Centurion Rekord

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button