‘n Dogtertjie vir Karlien en Derick

Die keer kry pappa Derra sy prinses.

Die boodskappe van gelukwensing stroom in na die Afrikaanse sangeres Karlien van Jaarsveld en haar man Derick Hougaard Maandag aangekondig het dat hulle binnekort ‘n dogtertjie ryker gaan word.

“Pappa se prinses is oppad!,” het ‘n opgewonde Derick op Twitter gedeel. Vroulief, Karlien, het op haar beurt weer ‘n foto van ‘n dogterjie op Instagram met die woorde “It’s a …” met aanhangers gedeel.

Ronel Brink, Karlien se ma en bestuurder, kon ook nie haar vreugde wegsteek nie en het getwiet: “Hierdie ouma is SUPER opgewonde oor die eerste dogtertjie wat oppad is! Sjoe! @ en @ se prinsessie…… ”

Karlien is sowat 17 weke swanger en die paartjie se ander twee kinders, die tweeling Eliah en Daniël het Desember hulle eerste verjaarsdag gevier.

 

 

Vir gratis nuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

Related Articles

Back to top button