Grootste Afrikaanse musiekblyspel steel harte

Die grootste Afrikaanse musiekblypel wat Suid Afrika nog getref het is tans te sien by die Staatsteater

Die musiekblyspel Reik na die Sterre het Sondag sy buiging in die Staatsteater in Pretoria gemaak. Willem Botha, wat die hoofrol speel, het gesê dit was ‘n groot oomblik vir die akteurs en die span agter die skerms.

“Ek dink die feit dat dit die opening is, maak dat almal maar ‘n bietjie senuweeagtig is. Die produksiespan is fantasties, en almal het vreeslik na vandag uitgesien.”

Familie en vriende van die akteurs en dansers het in groot getalle opgedaag om die dag saam te geniet, onder andere en Pat en Helena Scott, die ouers van Lee Scott, en Laetitia Swanepoel, ma van Marco en Marcel Spaumer.

“Ek sien baie uit na die vertoning en is uiters trots op die twee,” het ‘n trotse Swanepoel gesê. Reik na die Sterre sal tot 3 Augustus by die Staatsteater op die planke te sien wees. Besprekings kan gedoen word by Computicket.com.

Lees ook:

Willem Botha se jaar van suksesse

Willem reik na die sterre

 

Related Articles

Back to top button