Lifestyle

Wen dubbelkaartjies na Daa’ Gaat die Bruid!

Lefra Produksies is reeds bekend vir hulle lekkerlagklugte wat gehore landwyd sedert 2012 vermaak.

Vanjaar is klugkoning Frans Swart se Afrikaanse vertaling van Ray Cooney en John Chapman se weghol-treffer, Daa’ Gaat die Bruid! aan die beurt en besoek die Mardi Gras-teater by Carnival City vanaf 7 tot 19 Junie.

Die oorpsronklike There Goes The Bride is een van Cooney en Chapman se mees suksesvolle Westend-klugte tot op hede, en uittreksels vanuit die Londonse resensies beskryf die klug dalk die beste: “… die klug word lawwer en snaakser soos dit aangaan, dit het tempo, presisie en vernuf”, was die uitspraak in die London Daily Mirror.

Bobby (Phillru van Achterbergh), Ursula (Edrien Erasmus), Charles (Gert van Tonder) en Malan (Cobus Venter).
Bobby (Phillru van Achterbergh), Ursula (Edrien Erasmus), Charles (Gert van Tonder) en Malan (Cobus Venter).

Volgens die BBC is dit “briljant geskryf”.

Daa’ Gaat die Bruid! spog met top akteurs, soos Ana van Achterbergh, Cobus Venter, Debrè Rossouw, Edrien Erasmus, Gert van Tonder, Lieb Bester, Marga van Rooy en Phillru van Achterbergh.

Swart sê hy is baie opgewonde oor Daa’ Gaat die Bruid!.

Malan (Cobus Venter) en Charles (Gert van Tonder).
Malan (Cobus Venter) en Charles (Gert van Tonder).

“Die lekkerte is dat hierdie klug nog nooit in Suid-Afrika opgevoer is nie, en dus ken niemand die storie of ontknoping nie,” sê Swart, regisseur en ook vertaler en verwerker.

In die opvoering is dit die oggend van Judy (Debrè Rossouw) se troue.

“Dit was so lekker vir my om Daa’ Gaat die Bruid! hier in Suid-Afrika te plaas … in die grênd gedeelte van Waterkloof, op ’n golflandgoed. En, natuurlik, maak die Suid-Afrikaanse situasie dit nog snaakser.”

Swart sê dis wonderlik as gehore so lekker lag vir Bruid.

“Dis asof daar ’n vlaag van energie in die produksie en in die gehore begin ontbrand, wat wonderlik is. Dis so lekker as mense na my toe kom en sê hulle het hulle asem weggelag,” vertel hy.

Ouma (Marga van Rooy), Judy die bruid (Debre Rossouw) en Ursula (Edrien Erasmus).
Ouma (Marga van Rooy), Judy die bruid (Debre Rossouw) en Ursula (Edrien Erasmus).

Swart voeg ook by dat dit nog altyd vir Lefra Produksies belangrik is om met die produksies te toer.

“Alhoewel dit uit ’n logistieke oogpunt ’n nagmerrie is om met so ’n groot rolverdeling en stel te toer, gaan ons beslis die pad die land vol vat en dit moontlik maak vir die hele land om die produksie te sien,” sê hy.

Kompetisie

Drie lesers kan elkeen ’n dubbelkaartjie wen na Daa’ Gaat die Bruid!, op Woensdag, 8 Junie, om 8nm.

Om deel te neem aan Boksburg Advertiser en Lefra Produksies se kompetisie, kan jy die volgende na 33657 SMS: Sleutelwoord ”Bruid”, gevolg deur jou naam en die area waar jy woon.

Die kompetisie sluit op 1 Junie.

SMSe kos R1.50 en gratis SMSe geld nie.

Slegs Boksburg inwoners kwalifiseer om vir die kompetisie in te skryf.

Wenners sal telefonies gekontak word.

 

 

Related Articles

Back to top button