Lifestyle

Wen dubbelkaartjies om Joshua na die Reën te sien

Op 14 Augustus tree Joshua na die Reën by die Live Arts Little Theatre op.

Dié verhoogkunstenaar het sy formele opleiding in 2010 voltooi aan die Universiteit van Tshwane waar hy as top jazz student aangewys is.

Joshua glo die kuns van liedjieskryf lê daarin om nie net oor die liefde te sing nie, maar ook oor jou ervaringe en dit waarmee jy jou nog nie heeltemal kan vereenselwig nie.

Hy wil hê sy tydlose musiek moet persone inspireër om weer te droom. Juis hierom bevat Joshua se musiek uiteenlopende temas van vrolikheid tot intense lirieke wat met jou siel praat.

Joshua se musiek het ’n ondertoon van klavier en kitaar klanke met ’n invloed van R&B en rock.

Die kombinasie van Joshua na die Reën se kontemporêre benadering en die teenwoordigheid van strykinstrumente en die klavier, sit hom op gelyke voet met kunstenaars soos One Republic, Coldplay, Lana del Rey, Joe Niemand, Riana Nel, Die Heuwels Fantasties en The Parlotones.

Sy debuutalbum, slegs getiteld Joshua na die Reën, is gedurende 2013 uitgereik en het vir ’n ontploffing op die Afrikaanse musiektoneel gesorg.

Hierdie album is op die drumpel om goue status te verwerf.

Joshua vertrek aan die einde van Augustus na Holland waar hy op uitnodiging vir die eerste keer in die buiteland sal optree.

Sy musiek word gereeld gespeel deur die grootste radiostasies in Suid-Afrika en hy is ’n bekende gesig op nasionale televisie.

Joshua is tans druk besig om te werk aan sy tweede album wat in Februarie 2016 uitgereik word.

Besprekings vir die vertoning kan gemaak word by www.lalt.co.za of liveartstheatre@gmail.com.

* Drie gelukkige lesers staan die kans om dubbelkaartjies te wen na Joshua na die Reën se vertoning, by die Live Arts Little Theatre op 14 Augustus.

Om in te skryf, SMS die woord ‘Joshua’, gevolg deur jou naam en die area waar jy woon, na 35718.

Die kompetisie sluit op 7 Augustus om 12nm.

SMSe beloop R1.50.

Wenners sal telefonies gekontak word.

Related Articles

Back to top button