Lifestyle

‘Hollywood in my huis’ se akteurs kom kuier in Boksburg

Die twee hoofakteurs van die bekroonde fliek, Hollywood in my huis, Christia Visser en Edwin van der Walt, kuier Sondag, 21 Junie, by East Rand Traders.

Hollywood in my Huis is ’n romantiese komedie oor volwassewording, wat hom teen die agtergrond van ’n matriekafskeid in 2004, in Suid-Afrika, afspeel.

Die storie fokus op ’n gewone tienermeisie – Jana van Tonder – wat in ’n arm spoorwegbuurt saam met haar ouers woon.

Toe sy egter op televisie sien hoe Charlize Theron haar ikoniese Oscar-beeldjie wen, inspireer dit Jana om haar matrieksafskeid, wat voor die deur lê, in haar eie Hollywood-rooitapyt oomblik te omskep.

Ondertussen verbreek Brandon, die skool se tenniskampioen, sy verhouding met Angelique, die skool se gewildste meisie.

Jana is in die geheim op Brandon verlief, maar net toe sy genoeg moed bymekaar skraap om vir Brandon na die matriekafskeid te vra, verklaar haar beste vriend en buurseun, Frikkie, sy ware liefde aan haar.

Die matriekafskeid vind oor net meer as ’n maand plaas en met die leiding van haar ouers en Suzy, haar towertante (fairy godmother), kom Jana voor die moeilike keuse te staan om tussen haar beste vriend en haar droomou te moet kies.

Kyk hier na die lusmaker lokprent:

Hollywood in my huis sal vanaf 26 Junie in fliekteaters begin draai.

Related Articles

Back to top button