Lifestyle

Wen kaartjies na Lefra se opvoerings by Carnival City

Lesers staan die kans om kaartjies na een van twee Lefra produksies, by Carnival City, vir die komende naweek, te wen

Die produksies wat opgevoer word is Oom Schalk Lourens se Mampoerstories en Liewe Heksie.

Oom Schalk Lourens se Mampoerstories

Gesoute akteur en deesdae die karakter oom Wimpie, in Binnelanders, is Suid-Afrika se nuwe oom Schalk Lourens, die geliefde karakter wat Herman Charles Bosman jare gelede geskep het.

Oom Schalk Lourens se Mampoerstories is tydens die jaarlikse Clover Aardklop Nasionale Kunstefees bekendgestel, en vir die eerste keer in Afrikaans.

Dié produksie is verwerk en vertaal deur Frans Swart, wat ook die regie van die produksie hanteer.

Dit speel in die Madri Grasteater by Carnival City af, op Vrydag, 29 Mei, om 8nm.

Teatergangers kan uitsien na bekende en minder bekende oom Schalk Lourens stories, onder andere Willem Prinsloo se Perskemampoer, Die Jubabessie, Die Musiekmaker en Die Bekkersdal Marathon.

Liewe Heksie

Lefra Produksies toer reeds sedert 2009 met baie suksesvolle Liewe Heksie-produksies.

Twee nuwe Liewe Heksie stories het nou die lig gesien en die jongspan kan nader skuif, want Liewe Heksie en haar kaboutermaats besoek die Mardi Grasteater by Carnival City op Saterdag, 30 Mei, om 10vm.

Die skepper van Liewe Heksie, Verna Vels, is verlede jaar oorlede en het kort voor haar dood ’n splinternuwe storie spesiaal vir Lefra Produksies geskryf.

Regisseur Frans Swart het vir Verna oortuig om ’n nuwe Liewe Heksie-storie te skryf.

So is hierdie nuwe Heksie-teaterproduksie gebore – Liewe Heksie en die Tuindwergie.

Vir groepbesprekings en skoolbesprekings, skakel vir Lefra Produksies by 011 815 3000, of stuur ’n e-pos na admin@lefra.com.

* Drie lesers kan elkeen ’n dubbelkaartjie wen na Oom Schalk Lourens se Mampoerstories, op Vrydag, 29 Mei, om 8nm, in Carnival City se Mardi Grasteater, of vier kaartjies na Liewe Heksie op Saterdag, 30 Mei, om 10vm.

Om deel te neem aan Boksburg Advertiser en Lefra Produksies se kompetisie, kan jy die volgende na 33000 SMS: WEN, BOKSBURG ADVERTISER, dan die naam van die produksie, dan jou naam en van, en dan jou stad of dorp.

Dieselfde inligting kan ook per e-pos gestuur word aan wen@lefra.com, met ‘LEFRA EN BOKSBURG ADVERTISER KOMPETISIE’ as onderwerp.

Wenners sal telefonies gekontak word op Vrydag, Mei 29.

SMS’e kos R1.50 elk.

Related Articles

Back to top button