Lifestyle

Blaai saam deur Steve se 50 jare as ‘n superster

Beoordeling: Hierdie boek is ’n fotografiese herdenking van die lewe en loopbaan van Afrikaanse musiek se superster.

Resensent: Ischke de Jager

Epos: ischke@caxton.co.za

Boek: Steve Hofmeyr 50

Skrywer: Steve Hofmeyr

Uitgewer: Random House Struik

Steve Hofmeyr is een van Suid Afrika se suksesvolste musikante en gewildste akteurs, met ’n groot en toegewyde bewonderaars.

Die boek bevat foto’s uit Steve se jeug en sy deurbraak-jare in die musiekbedryf.

Dit dek sy loopbaan in TV, films en musiekbyspele, insluitend Agter elke man, Egoli en 7de Laan.

Die boek volg sy loopbaan as ’n musikant, vertel stories van elk van sy albums, met foto’s van hom op die verhoog, agter die skerms, en op toer.

Dit sluit ook Steve se verhouding met die media, sy aktivisme en liefdadigheidswerk, en sy hoogs gevierde loopbaan as skrywer in.

Die boek verskaf ’n magdom foto’s, met byskrifte – in Afrikaans en Engels – wat Steve self geskryf het.

Hierdie boek word gepubliseer in die jaar wat Steve 50 word en herdenk sy 25 jaar in die musiekbedryf.

Elke Steve Hofmeyr aanhanger moet sy hande op ’n kopie van Steve Hofmeyr 50 neerlê. – @IschkeBoksurg

Related Articles

Back to top button