Lifestyle

Dit staan in die sterre – album resensie

Resensent: Ischke de Jager. CD: Dit staan in die sterre. Sanger: Rinèl Day. Plate maatskappy: Vonk Musiek

 

Beoordeling: Die album is ’n genotvolle kombinasie van beide ontspanne en opgewekte musiek.

Nadat sy twee jaar gelede haar debuutalbum vrygestel het, het Rinèl Day onlangs haar splinternuwe album, Dit staan in die sterre, vrygestel.

Die titelsnit verskil amper heeltemal van al die ander snitte wat op haar debuutalbum verskyn het en mag moontlik haar grootste treffer tot dusver word.

Net soos baie ander liedjies op die album, het Rinèl dit saam met haar man, Michael de Lange, geskryf.

Sy het egter geen van die liedjies op haar debuutalbum geskryf nie.

’n Interessante snit wat sy verskyning op die album maak is Liewe lawwe liefste, ’n vertaling van Baby blue.

DJ speel dit weer, een van die treffers vanaf Rinèl se vorige album, verskyn weer op haar tweede album met die doel om aan ’n groter gehoor blootgestel te word.

Is ons verby is ’n gevoelvolle snit deur Stefan Ludik van Elvis se seun geskyf en hy sing dit ook saam met Rinèl.

Haar suiwer stem word veral uitgebeeld in vokaal uitdagende liedjies soos die titelsnit, Dit staan in die sterre asook Maak my joune, ’n Duisend gedagtes en As jy my laat gaan.

Dit staan in die sterre bestaan uit 16 snitte en die lirieke en melodieë van elke snit op die album vertel ’n storie.

Rinèl het probeer om elemente van pop, rock en country by die album in te bring.

Related Articles

Back to top button