Lifestyle

Die ‘Danskaptein’ bied nuwe album aan

Ná verkope van ver oor die een miljoen albums, volgehoue trefferparadeprestasies, ‘n rits SAMA- en ander toekennings, beur Kurt Darren volstoom vorentoe met sy jongste album, Seerower.

Kurt en die span liedjieskrywers het nou al die kuns verfyn om ‘n album te skep met liedjies wat álmal vir trefferparadestatus bestem is.

As bekroonde kunstenaar in die sokkiegenre, bied Kurt weer ritmeplukkers wat sy bewonderaars aan die wikkel gaan hou en nóg aanhangers sal lok.

Met liedjies deur Kurt, Marc Brendon, Don Kelly, Niel Schoombee, Pierre Rossouw, Rudi Claase en Emil Struwig, kry Kurt se aanhangers die klank, lirieke en stem wat hulle van hom verwag – én selfs meer.

Dié keer is die regisseur Dirk van Niekerk aan die stuur.

Hieruit is ‘n vernuwende klank geskep – soms elektroniesgedrewe, dan weer stylvol akoesties – wat Kurt se persoonlike groei as sanger en mens belig.

Vir sokkieliefhebbers bied hy ritmevrolikhede soos Hoe later hoe kwater en Gaan te kere.

Tussen die toonvenstersnitte is die popballades Seerower, Vlamme van liefde en Pêrel van die Paarl.

Kurt se vertolktalent word ontgin in die meevoerende balladewerk, veral Winterwasemharte en Beautiful.

Met ‘n aangename balans tussen ritmeplukkers en sielsballades is dié album die toonvenster van Kurt Darren se vokale vaardigheid en stylveelsydigheid.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button