Vrou in Mosselbaai-hof ná sy glo verkragte kind se ma aanrand

Die ma van 'n 11-jarige meisie wie verkrag is, glo deur haar buurman, is met 'n stok aangerand, na bewering deur 'n vrou wie in dieselfde straat woon.

‘n Vrou van KwaNonqaba het gister haar eerste verskyning in die Mosselbaai-landdroshof gemaak nadat sy ná bewering die ma van ‘n 11-jarige meisie, wie glo deur haar buurman verkrag is, aangerand en geïntimideer het.

Volgens die polisie het die verdagte die slagoffer se ma gedreig om die saak van verkragting, wat teen die buurman aanhangig gemaak is, terug te trek.

Die slagoffer se ma is na wat verneem word Sondag met ‘n stok aangerand, glo deur die verdagte.

Die motief vir die beweerde aanranding en intimidasie is nog nie bekend nie, maar die verdagte wat na bewering die meisie verkrag het asook die verdagte wat vir die aanranding in hegtenis geneem is woon almal in dieselfde straat.

Die verdagte staar aanklagte van aanranding en intimidasie in die gesig.

Sy bly in aanhouding en die saak is uitgestel na Vrydag vir regsverteenwoordiging.

Read original story on www.mosselbayadvertiser.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button