Moord ná skietvoorval in Heidelberg: Saak weer uitgestel

Etienne du Preez (74) is op 3 Julie koelbloedig gewond en Flip Minnaar (66) beseer tydens 'n voorval in Ueckermannstraat.

Die verdagte in die skietvoorval in Ueckermannstraat in Heidelberg op 3 Julie, waar Etienne du Preez (74) koelbloedig gewond en Flip Minnaar (66) beseer is, het vandag sy tweede verskyning in die Heidelberg-landdroshof gemaak.

Die saak teen Jean-Lee Payne (30) is in ‘n volgepakte hofsaal uitgestel tot 25 Julie vir ‘n formele borgaansoek. Payne sal in aanhouding bly tot sy volgende hofverskyning.

Heidelberg Nigel Heraut het voorheen berig Payne is op 8 Julie deur ‘n spesiale span van die SAPD in hegtenis geneem. Hy staar aanklagte van moord asook poging tot moord in die gesig.

Gemeenskap maak stem dik

Tydens Payne se eerste hofverskyning laas Woensdag, het ‘n skare wat buite die hof saamgekom het, hulle stem dik gemaak en onder andere uitgeroep: ‘Geen borg nie’ en ‘Ons wil hom nie in ons strate hê nie’.

‘n Gedeelte van die skare wat voorheen buite die hof betoog het.

Na wat verneem word is daar ‘n petisie wat in die omgang is, om borg teen te staan, wat al sowat 2 500 handtekeninge daarop het.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button