Swart toonnaels weens hardloop

Warm weer is die perfekte tyd vir fyn sandale en mooi naellak. Maak seker jou voete trek om die regte redes aandag.

 

Ek hardloop en sukkel met pynlike tone en swart toonnaels

Jou voete ondersteun jou hele liggaam as jy hardloop en soms kan die ekstra hoeveelheid bloed wat in jou voete (en dus onder jou toonnaels) poel, veral tydens langer afstande, jou tone laat pyn. Swart toonnaels doen nie veel vir fraai sandale nie, maar gelukkig is dit nie gevaarlik nie en kan boonop maklik verhoed word. Dit gebeur wanneer die tone te veel druk tydens hardloop ervaar. Die klein haarbloedvate onder die naels bars en die bloed versamel onder die nael waar dit dan droog word en swart vertoon.

Wat veroorsaak dit?

Die verhoogde drukking mag veroorsaak word deur nuwe skoene, stywe sokkies of skoene wat nie ordentlik pas nie. Die teendeel, waar voete te los in die skoene is, kan ook die probleem wees. Dit kan veroorsaak dat die tone gedurig voor teen die skoen stamp en klein bloedvate laat bars. Lang toonnaels wat verby die toon se punt steek, kan ook probleme veroorsaak.

Hoe verhoed jy dit?

Maak seker jou skoene pas goed en moet nooit met nuwe skoene ’n wedren aandurf nie. As jy vind jou voete swel baie in warm weer kan jy dunner sokkies in die somer dra. Ongelukkig moet jy geduldig wees en wag dat die swart toonnaels uitgroei. Dra maar donker naellak en hoop maar jy verloor nie die nael nie!

Kies die regte gootte skoene

Dra gemaklike skoene en maak seker dit is die regte grootte. Staan in jou oefenskoene en meet die afstand van jou tone tot die voorpunt van die skoen. Daar moet ongeveer 1,5 cm tussen jou toon en die voorpunt van die skoen wees. Tydens warm weer swel jou voete wat kan veroorsaak dat jou tone teen die voorpunt stamp. Maar oppas vir té groot skoene, dan gly jou voete vorentoe wat ook veroorsaak dat jou tone stamp.

Wenke vir gesonde toonnaels

Lees ook: Skoonheidsgewoontes – onthou jou voete

Eet só vir gesonde naels

Toonnaels bestaan uit keratien wat ’n proteïen is en hoewel daar ’n verskeidenheid kwale is wat naels direk affekteer, is jou naels ook ’n goeie aanduiding van jou algemene welstand en kan dui op kwale wat jou lewer, niere en skildklier aantas. Ouderdom veroorsaak ook dat jou naels verdik en vergeel. As jy dus na tuisbehandeling nie hond haar afmaak nie, gaan sien jou huisdokter om seker te maak alles is reg.

Eet dit

Lees ook: Witwarm wenke vir draftoerusting

Die artikel Swart toonnaels weens hardloop het eerste in Rooi Rose verskyn.

Exit mobile version