7 dinge wat op elke balkon moet wees

Met hierdie wenke kan jy jou balkon 'n spasie maak vir ontspan, onthaal en spog.

1. Sjarmante sitplek vir jou oggendkoffie

Skaf ’n tafeltjie en stoel aan. Al wat jy vir jou oggendkoffie nodig het, is ’n kafeetafeltjie wat  verkieslik kan opvou en gestoor kan word.

Lees ook: Stilering met strooikussings: Wenke om jou spasie te vervolmaak

 


2. Vloerkussings is ’n moet

Vloerkussings is geskik vir hierdie ruimte en verleen dadelike ’n ontspanne atmosfeer aan jou balkon. Daar is vele buitelugmateriale beskikbaar sodat jy dit nie heeltyd in en uit hoef te dra nie.

Lees ook: 5 dinge wat jy moet weet voordat jy buitemeubels koop

 

 

3. ’n Mat laat dit na meer lyk

Sit ’n kleurryke buitelugmat op jou balkon. Dit verleng jou woonstel van binne na buite.

Lees ook: Die beste wenke vir klein leefspasies

 

 

4. Maak die meeste van jou muurspasie

Belê in hangplante en weerbestande kuns of rakke. Vertikale tuine is nou groot nuus – omhels dit!

Lees ook: 5 dekorflaters wat jy moet vermy

 


 

5. Skep ’n balkonoerwoud

Kies groen plante vir jou balkon. Maak seker die plante pas by die klimaat en ligging, want anders gaan jy met verlepte plante sit.

Lees ook: Hoe om tuin op jou balkon te maak

 

 

 

6. Ontspan in ’n hangmat

Jy het eindelose moontlikhede as jy ‘n hangmat wil aanskaf. Maak seker dat daar plek en ondersteuning is om dit stewig vas te maak.

Lees ook: Die 5 belangrikste beleggings vir jou huis, en hoe om dié beleggings te maak

 

 

7. Sambrele vir die son

As jou balkon nie ‘n dak het nie, belê in ’n goeie sambreel sodat jy lank op die balkon kan kuier sonder om te brand.

Lees ook: Plante wat selfs beginners aan die groei kan kry

 

Die artikel 7 dinge wat op elke balkon moet wees het eerste in Rooi Rose.

Exit mobile version