Takel die finansies voor julle trou

Die uitnodigings is uitgestuur, die blomme is bestel en julle besluit nog oor die seremoniemeester, maar het julle al oor jul finansies gesels?

Deidre Valentine, ‘n finansiële beplanner by Woodland Wealth, sê deeglike voorbereiding en gesprekke oor geld is ‘n moet. Sy noem die belangrikste vyf geldkwessies waaroor paartjies moet praat voor hulle die knoop deurhaak. 

 

Begroting

Ons is geneig om hierdie aspek van finansiële beplanning af te skeep omdat ons voel dis nie so belangrik nie. Dit is belangrik om vooraf te weet wat jou maat se gewoontes ten opsigte van spaar en spandeer is. Dit is ook belangrik om te praat oor die verskille in inkomste en wat elkeen se bydraes tot die gesamentlike maandelikse begroting gaan wees. 

Deursigtigheid en voorhuwelikskontrakte

Dit is belangrik dat jy en jou maat vooraf eerlik is met mekaar oor jul finansiële situasies. Dit is dus belangrik om te weet of daar enige risiko’s vir jou gaan wees. Dis hoekom ‘n voorhuwelikse kontrak noodsaaklik is. Die huweliksregime van die kontrak gaan bepaal of jy beskerm gaan wees teen krediteure wat aan jou gade se deur vir uitstaande skuld kan klop.

As jy buite gemeenskap van goedere sonder die aanwasbedeling getroud is, sal jou gade alleenlik vir alle skuld wat hy gedurende en voor die huwelik aangegaan het verantwoordelik wees. As jy egter binne gemeenskap van goedere getroud is, vorm alle bates en laste (voor en tydens die huwelik) van jou en jou gade deel van die gesamentlike boedel.

Gesinsbeplanning en elkeen se rol

Gesinsbeplanning het noemenswaardige finansiële impakte. As julle besluit dat julle kinders wil hê en ook hoeveel, gaan julle bykomende uitgawes in jull begroting moet inreken hiervoor. Dit het ook meer langtermynimpakte. As julle voel dat jy as ma meer tyd aan die kinders moet bestee en minder tyd aan werk, sal julle in ag moet neem dat jou salaris dalk nie dieselfde gaan wees nie.

Lees ook: Maniere om skuldvry te word

Ons sien gereeld dat vroue bakhand moet staan wanneer die verhouding beëindig word omdat hulle nie genoeg bates oor die jare opgebou het nie. Dis hoekom die voorhuwelikse kontrak belangrik is, dis  belangrik vir albei partye om te weet gebeur sou julle skei. Indien jy byvoorbeeld buite gemeenskap van goedere sonder die aanwas getroud is, gaan die hof nie ‘n herverdeling van bates oorweeg nie, al het jy as ma op ander (nie finansiële) maniere tot die huishouding bygedra.

 

Finansiële beplanning en doelwitte

Voordat julle saam huis opsit, is dit belangrik om die volgende vrae te bespreek:

 

 

Lees ook: Hoeveel sakgeld moet ek vir my jonger kind gee?

Testamente

Jul testament is een van die belangrikste dele van jul boedelbeplanning. Die boedel hang af van die duidelikheid, akkuraatheid en geldigheid van jou testament. Ander komponente van jou boedel (soos trusts en bemakings) kan ongeldig verklaar word as jou testament nie reg opgestel is nie.

‘n Geldige testament sal bepaal hoe jou bates onder jou erfgename verdeel moet word wanneer jy te sterwe sou kom. As jy nie ‘n testament in plek het nie, gaan jou bates verdeel word volgens die Intestate Erfreg van 1987, wat moontlik kan lei tot ‘n verdeling wat nie volgens jou bedoeling was nie. Verder laat dit jou toe om ‘n betroubare eksekuteur aan te stel wat billike fooie vra en jou boedel op ‘n eerlike en doeltreffende manier afhandel.

 

Lees ook: Raad vir ongesonde vriendskappe

 

Die artikel Takel die finansies voor julle trou  het eerste in Rooi Rose verskyn.

Exit mobile version