Moot egpaar vier 62 jaar saam

Hulle bly al vir bietjie meer as 51 jaar in Gezina.

’n Moot-egpaar het onlangs hul 62e huweliksherdenking by hul huis in Gezina gevier.

Tony en Rosa van Geffen woon al sedert hul troue in die Moot.

“Hulle het vir die eerste 11 jaar van hul huwelik in Capital Park gewoon, waarna hulle Gezina toe getrek het, waar hulle nou nog bly,” sê skoondogter, Erika van Geffen.

Tony en Rosa het by haar werk ontmoet waar Rosa, sy oog vir die eerste keer gevang het.

Vir hulle huweliksherdenking het die paartjie by een van hul gunsteling eetplekke in die omgewing gaan kuier.

“Vir hul 50e huweliksherdenking het hul kinders ’n groot makiete vir hulle gehou. Vir hul 60e het hulle saam met al hul kinders en kleinkinders ’n heerlike naweek by ’n wildplaas in Dinokeng spandeer,” sê Erika.

“Tony het by een van Rosa se kollegas, Johnny kom kuier toe hy haar by die toonbank sien. Hy het toe vir Johnny gevra om hom aan haar voor te stel.”

Só het hul paaidjie saam begin. Hulle het in September 1954 die knoop deurgehak.

Liefde vir merkaar, vir hul kinders, skoonkinders, kleinkinders en agter-kleinkinders is wat hulle verhouding sterk hou.

Die paartjie glo ook dat geloof en respek vir mekaar ’n groot rol in hul verhouding speel.

“Hulle neem saam besluite en staan mekaar altyd by. Hulle sorg dat hulle gereeld en genoeg vir mekaar en hul kinders wys en sê hoe lief hulle mekaar het,” sê Erika.

In die era toe die paartjie getrou is, was daar nie veel om te doen nie. Hulle hoogtepunt was om saam met hul vriende een keer ’n week by die Berea-klub te gaan dans.

“Natuurlik was daar ook die bioskoop waarna hulle toe kon gaan. Maar dit was nie elke aand nie. Daar het net een of twee keer per maand ’n rolprent gewys wat hulle nie kon misloop nie. “

Tony en Rosa het vier kinders (twee dogters en twee seuns). Verder het die paartjie vier skoonkinders, agt kleinkinders en drie agterkleinkinders.

 

Exit mobile version