Afrikaans Herlaai vir ‘n nuwe generasie

Afrikaans Herlaai is hier om die mooiste, mees bekende liedjies in Afrikaans aan die nuwe generasie oor te dra.

Carlyn Margo Fransman, Dehan von Solms, Eunice Kemp en Whaden Johannes is gereed om van die mooiste liedjies in Afrikaans aan ’n nuwe generasie Afrikaanse jongmense bekend te stel met hul debuutalbum Afrikaans Herlaai.

Tydlose gunstelinge soos Sproetjies, Ek verlang na jou, Kinders van die wind, Lisa se klavier, Ek loop die pad, Die gang, Droomvrou en Ek wil jou ken word in uiteenlopende genres – van pop-, rock- en dansritmes tot middelmoot, folk en Ierse klanke – vernuwe.

Dit is die resultaat van ’n sosiale mediasoektog na splinternuwe talent deur die musikant, verwerker, regisseur en vervaardiger Douw Steyn. “Die jeug ken nie die gehaltetreffers van gister wat tot die ontwikkeling en verskeidenheid van Afrikaanse musiek bygedra het nie,” sê hy.

Die vier talentvolle nuwelinge is uit meer as 200 demo-opnames gekies. Steyn het daaruit ’n Top 30 saamgestel en hoopvolles vir ’n ateljee-oudisie genooi. Hy het, in samewerking met die kunstenaarbemarker Lydia Winchester en die multi-bekroonde musiekvervaardiger Boet Pretorius, die vier belowendste nuwelinge gekies.

“Elkeen het ’n unieke talent en aanslag en ons was dit almal eens, hulle die gesig en klank van Afrikaans Herlaai is,” verduidelik Steyn.

Afrikaans Herlaai se bekendstellingstoer lyk soos volg:

Dinsdag 25 Augustus – Atterbury-teater, Pretoria

Woensdag 26 Augustus – Live Arts Little Theatre, Boksburg

Donderdag 27 Augustus – TBC

Vrydag 28 Augustus – TBC

Saterdag 29 Augustus – The Barn, Mosselbaai

Sondag 30 Augustus – TBC

Maandag 31 Augustus – Mamre Marawiese Kerk, Mamre – (geldinsameling)

Dinsdag 1 September – Hoërskool Cedar, Mitchells Plain – (geldinsameling)

Woensdag 2 September – TBC

Donderdag 3 September – Drostdy-teater, Stellenbosch

Vrydag 4 September – Klein-teater, Worcester

Saterdag 5 September – Ou Meul, Paarl

Sondag 6 September – TBC

Maandag 7 September – Bordienghuis-teater, Wellington

Vir inligting, besoek Afrikaans Herlaai se Facebook blad, op Twitter by @AfrHerlaai, of Lydia Winchester by lydiaw@mweb.co.za

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version