KOMPETISIE: Wen kaartjies om Jo Black te sien by Hoërskool Eldoraigne Kuierfees

Die fees sal verseker een wees om te onthou.

Kom geniet die Hoërskool Eldoraigne Kuierfees op 1 Mei 2019 in die geselskap van Jo Black, Demi Lee, Appel, Touch of Class en Jan Bloukaas.

Die Woensdagoggend skop af met ’n “Be-that-guy braai” saam met Jo Black. Spring vir hierdie ongelooflike geleentheid – kaartjies is beperk.

Die hekke open om 13:00. Daar is hope kosstalletjies en ’n biertuin, waar voor die tyd lekker saamgekuier kan word.

Die voorkonsert van 14:00 – 16:00 is ’n geleentheid waar die talentvolle jeug uit ons omgewing hulle slag op die verhoog gaan wys.

Die hoofkonsert begin om 16:00 en sal ongeveer 21:00 klaar wees.

Moenie die onvergeetlike fees op 1 Mei 2019 in samewerking met NewBlack Productions misloop nie.

KOMPETISIE:

Rekord het twee dubbel kaartjies om weg te gee na die geleentheid. Om in te skryf, vul die onderstaande vorm in en gebruik ‘JO BLACK’ as die sleutelwoord.

Exit mobile version