VIDEO: Nuwe TV-kanaal gemik op bruin gemeenskap

Die kanaal word Vrydag op StarSat kanaal 462 geloods.

’n Nuwe TV-kanaal gemik op die bruin gemeenskap word binnekort geloods.

Die kanaal, OnseTV, se hoofdoel is om die belange en kultuur van die bruin gemeenskap te dien en uit te beeld. Dit sal deur die StarSat-satellietdiensverskaffer uitgesaai word.

LEES OOK: Is it possible for the public to complain about noise? Yes, it is your right

Vervaardigers Jaco en Hilda Ferreira van Centurion sê die bruin gemeenskap is hoofsaaklik Afrikaanssprekend en dit sal so op die kanaal weerspieël word.

Jaco Ferreira voeg egter by dat die kanaal nie eksklusief in Afrikaans aangebied sal word nie.

“Ons werk met ’n wye verskeidenheid mense in die bedryf en inderdaad ons gemeenskap, en dit was al lank reeds vir ons duidelik dat daar nie ’n gefokusde kanaal was om na die groot bruin Afrikaanssprekende gemeenskap om te sien nie.”

Ferreira sê daar lê soveel kleur en tekstuur in hierdie gemeenskappe “dat mens dit net wil omarm”.

LEES OOK: Tech Thursday: Twitter has just super-sized its character limit

“Die reaksie uit ons bruin gemeenskappe was ongelooflik. Die energie wat daar heers, is tasbaar en ons hoofdoel gaan wees om daardie geesdrif vas te vang en op die klein skerm te weerspieël.”

Hy sê daar is geen twyfel aan die ongetapte talent wat teenwoordig is in die bruin gemeenskap nie, maar dat baie van hierdie talentvolle mense gewoonlik weggewys word by die hoofstroom media.

Die kanaal se uitsendings sal op 29 September 2017 in aanvang neem.

Hilda Ferreira by Rekord Newspapers

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

Exit mobile version