Afri-Visie wenners TWEE maak golwe in Pretoria

Die talentvolle Herman Kleinhans en Maria Rademan-Viviers van TWEE was onlangs in Pretoria, en het met Rekord gesels oor hul reis in die Afrikaanse musiekbedryf. Wen hul nuwe CD hier.

‘n Dinamiese sangerpaar van Kaapstad het onlangs Pretoria besoek om hul nuutse Afrikaans-volksmusiek album bekend te stel.

Herman Kleinhans en Maria Rademan-Viviers vorm die musiek groep TWEE en sing al saam sedert 2012. Hulle het hul groep TWEE amptelik geloots by KKNK in 2014 en het kort daarna vir die KykNet kompetisie, Afri-Visie ingeskryf.

“Ons het 1775 nuwe Afrikaanse liedjies gekry vir die kompetisie, wat deur 410 skrywers geskryf is, van regoor Suider Afrika. Ons het inskrywings van so ver soos Kairo af gekry,” verduidelik Janis Ellis, bestuurder van TWEE tydens hul onderhoud met Rekord.

Op 3 Mei 2015 het TWEE die Afri-Visie kompetisie loshande gewen, met musiek wat as asemrowend, vars en as iets wat almal by kan aanklank vind, beskryf kan word.

“Die Afri-Visie kompetisie is bloot geskep omdat daar ‘n tekort is aan nuutskeppinge in Afrikaanse musiek, dis eintlik ‘n bedrygde spesie op die stadium, en ons wil ‘n platform skep om mense met talent soos Herman en Maria die geleentheid te gee om iets daarvan te maak,” sê Ellis by.

TWEE het as deel van hul prys in die kompetisie R250 000 kontantprys gewen saam met wonderlike netwerk geleenthede, wat ondersteuning van KykNet ook insluit.

“Vir die res van die jaar beplan ons om te toer, om ons album bekend te stel, om op te tree by verskeie plekke en om mense bewus te maak van ons musiek,” verduidelik Kleinhans oor hul toekomsplanne vir die res van die jaar.

Om meer te lees oor Herman en Maria se pad tot sukses , besoek gerus hul Facebook-blad hier.

KOMPETISIE:

Rekord het drie cds van TWEE om weg te gee. As jy die gelukkige wenner wil wees, vul die kompetisievorm hieronder in en gebruik die woord ‘TWEE’ in die sleutelwoord blokkie.

*Termes en Voorwaardes tel – die wenners sal die prys by die Rekord kantore en Lydiana in Pretoria moet optel.

Exit mobile version