VIDEO: Oud-Pretorianer in nuwe Afrikaanse treffer fliek

Carine Rous praat met Rekord oor haar ondervinding in die nuwe Afrikaanse film Thys & Trix en wat die grootste uitdaging is in die industrie.

Pretoria is volop van talent en oud Pretoria-Oos inwoner Carine Rous is bewys daarvan.

Rekord het met dié talentvolle aktrise en stemkunstenaar gepraat, en gehoor wat sy als wat shy geleer as ’n Afrikaanse filmster.

Rous vertolk die rol van bleeksiel Heidi Bekker in Thys & Trix, ’n nuwe aksie-komedie wat ook vir Leandi du Rand en Bouwer Bosch in hoofrolle het.

“Ek het dit baie geniet om saam met hulle (Bouwer en Leandi) te werk. Ek dink dis wonderlik dat hulle die initiatief neem om soveel werk te skep vir ons industrie – omdat hulle Thys en Trix gedoen het, het ons almal die geleentheid gehad om te werk! En ons kon die lieflike Mosselbaai geniet,” vertel sy van haar ondervinding.

Rous is nie net in Thys & Trix te siene hierdie jaar nie, maar ook in Bruid van die Jaar en Elke Skewe Pot wat op KykNET wys.

“Ek speel die rol van Lientjie in Bruid van die Jaar. Dis ’n romantiese komedie wat gaan oor die Bruid van die Jaar kompetisie. Lientjie is die perfekte bruid, nou kort sy net ‘n bruidegom.”

“Anna Fourie is die naam van my my karakter in Elke Skewe Pot. Anna begin werk by ’n ‘dating agency’ waar sy haarself probeer vind, tussen die kens vrouens wat die agentskap besit. Terwyl sy haarself leer ken, maak sy goeie vriendinne. Dis nogal oulik,” vertel sy.

LEES OOK:

Aktrise ‘n koffiekoning

Rous verduidelik dat sy gewoonlik vir ’n eienskap in elke karakter soek om mee te identifiseer wat sy vertolk, maar dat Anna by verre haar gunsteling is.

“My gunsteling rol sovêr was Anna Fourie in KykNET se Elke Skewe Pot. Ek is mal oor die karakter se eerlikheid. Isidingo se Caitlin was vreeslik uitdagend want sy was ’n kwaai karakter, en ek het haar ook geniet. Maar komedie lê naby aan my hart.”

“Ek glo mens moet empatie en deernis hê vir jou karakter, al stem mens nie altyd saam met hul keuses nie,” sê sy.

Rous woon al die afgelope dekade in Johannesburg, maar het nog steeds ’n groot liefde vir Pretoria. Sy is ’n oud-leering aan Willowridge High School in die ooste.

“Dis rustiger in Pretoria, en ek vind mense groet jou ordentlik in die Jakarandastad.”

Rous is gaande oor haar werk, en om blootgestel te word aan soveel kreatiwiteit. Maar wys ook uit dat mens nie lank kan stilsit tussen projekte nie.

“Om met soveel kreatiewe mense te kan werk is ’n totale seën. Maar ’n groot uitdaging in hierdie industrie is die rustyd tussen werk. Mens moet rus maar ook begin beplan vir die volgende projek.”

Rous het sopas die tweede seisoen van Elke Skewe Pot klaar verfilm en sien uit na wat die res van die jaar inhou.

“Ek sien uit na die film Bruid van die Jaar (om dit klaar te skryf en te skiet). Ek werk ook aan ’n teks vir ’n ander film. Ek sien uit na die nuwe seisoen van Elke Skewe Pot wat Maandag 9 Julie begin op Kyknet.”

Rous Thys & Trix is ’n ”lekkerlag komedie wat tegnies goed gemaak is, met uitstekende Suid-Afrikaanse talent”.

“En die lesers gaan verlief raak op Mosselbaai, waar die film geskiet is.”

Thys & Trix sal op 22 Junie 2018 landswyd in teaters te siene wees.

Rous het ’n boodskap aan Rekord-lesers:

Carine Rous. Foto: Voorsien

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

Exit mobile version