KOMPETISIE: VIDEO: Kraakvars Classics – ‘n moderne meesterstuk vir jonk en oud

Henry van Dyk nooi Rekord-lesers uit om die opwindende Kraakvars Classics konsert by te woon in Augustus.

Klassieke musiek het ’n ongewone nuwe baadjie in Pretoria gekry.

Die eindproduk is ’n konsert wat heel anders is.

Kraakvars Classics is gebore uit ’n groot liefde vir klassieke musiek, ’n bietjie opera en baie kreatiewe energie.

Musikant Henry van Dyk sê die doelwit was operamusiek waarmee alle mense kan identifiseer.

Hy is ’n liedjieliefhebber en speler van klavier, kitaar en kerkorrel.

Kraakvars Classics is ’n insamelingsinsiatief deur Van Dyk en Ds Danie van Rensburg van die NG Gemeente Jan Niemandpark.

Hulle bied Sondag 26 Augustus 2018 om 16:00 ’n Kraakvars Classics-konsert aan.

“Ons het ’n klassieke musiekkonsert met ’n moderne baadjie aangetrek om iets te skep wat vir oud en jonk aanloklik sal wees,” vertel Van Dyk.

“Klassieke musiek in Europa is baie ‘funky’, dis populêr en jongmense is mal daaroor. Ons het besluit om iets anders aan jongmense van Pretoria te bied en het ander kunstenaars betrek wat daardie beeld sal versterk.”

Baie glo dat klassieke of opera musiek net vir ouer mense is, sê hy.

“Ek het daardie siening as ‘n uitdaging gesien en hier sit ons.”

Kraakvars Classics is in sy tweede bestaansjaar, sê hy.

Nadat die eerste vertoning ongelooflike sukses in 2017 by Atterburyteater behaal het, is besluit om ’n groter ouditorium te soek.

“Hierdie jaar se Kraakvars Classics sal in die ZK Matthews Hall by die Choose Life Ouditorium plaasvind omdat verlede jaar se kaartjies heeltemal uitverkoop was.”

’n Volwaardige simfonie-orkes is die hart van die uitvoering.

Dis beskend as die Capital Philharmonic Orchestra en staan onder leiding van ’n jong dirigent, Schalk van der Merwe.

“Ons tema sluit operamusiek, operrettes, Afrikaanse kunsmusiek en vele ander in, maar alles binne die breë kategorie van klassieke musiek.”

Van Dyk sê befaamde “classics”, wat ouer mense ken, word in moderne styl aangebied jonger mense te betrek.

Om voor te berei vir so ’n vertoning is harde werk.

Van Dyk sê sy gunstelingdeel van hierdie vertoning die sang is, maar dit is veeleisend om alles agter die skerms agtermekaar te kry.

’n Mens moet elke unieke kunstenaar se eie persoonlike sangkuns in ’n groep te laat werk.

“Jy as individu moet die regte tegnieke gebruik en baie gefokus wees. Met klassieke musiek moet mens baie keer ‘the unsingable notes’ sing,” sê Van Dyk.

“Ek dink dis wat klassieke musiek onderskei van ligter musiek. Dis baie uitdagend. Maar dit maak die eindproduk soveel meer die moeite werd.”

Van Dyk sê dat baie mense waarskynlik sal hou van die modern klassieke genre wat opgevoer word in Kraakvars Classics, maar dat hul nie daarvan bewus is nie.

“Ek dink aan ’n lied soos Nessum Dorma, ’n operalied is wat gemoderniseer is. Dit word nou gespeel as ’n popliedjie, wat my laat dink ons vertoning sal aanklank vind by mense van alle ouderdomme.”

Vera Marie Meyer, Helena Ceronio, Charlotte Killian, André Schwartz en Burgerd Botha is saam met van Dyk vanjaar deel van die vertoning, wat beloof om jou voete onder jou uit te slaan.

Kaartjies is te koop by Ds Danie van Rensburg en hy kan gekontak word op 083-289-1869 of danievr@lantic.net.

Kaartjie beloop R200 – R250.

Henry van Dyk nooi Rekord-lesers uit na Kraakvars Classics:

KOMPETISIE:

Kry die kans om een van twee dubbel kaartjies te wen om hierdie vertoning by te woon. Om in te skryf vir die kompetisie, vul die onderstaande kompetisie vorm in en gebruik KRAAKVARS CLASSICS as die sleutelwoord.

Exit mobile version