KOMPETISIE: Wen een slymerige omnibus van Slym se stories

Die Slym-reeks gaan definitief jou kleinding besig hou vir 'n hele rukkie, met sy slymerige avonture wat elke leser intrek.

Op ’n dag word ’n wurm deur ’n voël gevang. Maar die wurm se naam is nie verniet Slym nie!

Hy skrik so groot dat hy ’n bol vrotterige slym in die voël se bek skiet.

Die voël skrik op sy beurt weer so groot dat hy vir Slym laat val, by ’n skool vir paddas.

Só begin ’n hele reeks avonture by die paddaskool, waar Slym vir juffrou Plat Anna en die ander onderwysers leer ken, hope gawe paddamaats soos Paddavoet en Brulbekkie maak, en moet ligloop vir Giftand die slang en die skoolboelie, Padarotti.

Fanie Viljoen se Slym-reeks is nie verniet so gewild nie.

Sedert die verskyning van die eerste Slym-boek in 2004 het dié oulike wurm en sy aanhangers al hope avonture saam beleef.

Slym het die eerste wurm geword wat in ’n paddakonsert gesing het, hy het ’n draai by die gogga-sirkus gemaak, die paddakoning ontmoet en selfs op ’n towertapyt gery.

Boonop het hy sommer twee ATKV-Woordveertjies ook ingepalm.

Vir die eerste keer verskyn al vier Slym-boeke saam in een pragtige volkleur-omnibus, met illustrasies deur die skrywer, Fanie Viljoen.

Al vier titels is hier:

Slym: Die wêreld se eerste wurm in ’n paddakonsert

Slym en die beker van geluk

Slym en die gogga-sirkus

Slym en die towertapyt

Van die enkeltitels in hierdie gewilde reeks het al meer as 24 000 kopieë verkoop.

Oor die skrywer en illustreerder

Trefferboeke, soos die Slym-reeks, Klou, die Aksieheld Austin-reeks en die Nova-wetenskapfiksiereeks, het van Fanie Viljoen ’n huishoudelike naam gemaak.

Sy boeke BreinBliksem en Onderwêreld is albei met die Sanlamprys vir Jeuglektuur bekroon, Betower en Afkop was naaswenners in LAPA se jeugromankompetisie en hy het al ’n rits ATKV-Woordveertjies vir sy skryfwerk en illustrasies ingepalm.

KOMPETISIE:

Staan ’n kans om een Slym-reeksomnibus te wen. Om vir dié kompetisie in te skryf, vul die onderstaande vorm in en gebruik die woord SLYM as die sleutelwoord.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version