Verf jouself mooi

Hanna Boss se splinternuwe musiekvideo vir 'Verf Jouself' is beslis die kyk werd!

Sedert die vrystelling van haar liedjie Verf Jouself in Oktober is Afrikaanse musiekliefhebbers gek oor Hanna Boss se musiek.

En dis geen wonder nie. Die treffer word gereeld op radiostasies regoor die land gehoor en is dit maar net ’n lusmaker van haar splinternuwe album wat musiekwinkels in Februarie 2018 sal tref.

Verf Jouself is ’n moderne Afrikaanse popliedjie, met inspirerende lirieke en ’n tikkie klassieke musiek.

Die musiekvideo is net so uniek en in ’n donker studio verfilm wat die klem op kleur en lig plaas. Daar is selfs balletdansers om iets klassiek tot die video te verleen.

“Die balletdansers komplementeer die klassieke instrumente in die liedjie en dit was nogal vir my ’n uitdaging om saam met hulle te beweeg,” gesels Hanna.

LEES OOK: Musiekvideo vir Vir Altyd se temalied bekendgestel

Dié sangsensasie het nog groot planne vir die toekoms en sê dat sy nog graag saam met Pretoria se eie Corlea Botha sal wil saamwerk.

Wanneer sy nie sing nie, is sy lief daarvoor om op staptogte te gaan, berg te klim, fiets te ry en om tyd saam met vriende deur te bring.

“Ek sien myself oor vyf jaar as ’n gevestigde sangeres, met ’n kind of twee, of drie of vier! Ek is baie opgewonde om my stem, klank, styl en stories tot die Afrikaanse muskiekbedryf te voeg,” voeg sy by.

Kyk hier na die video vir Verf Jouself:

Vir meer oor Hanna Boss volg haar op Facebook , Twitter  of Instagram of besoek haar webwerf.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

 

 

Exit mobile version