Wen kaartjies na Lollos in November

Staan 'n kans om groot te wen met Lollos in Pretoria.

Lollos is ‘n opvoedkundige Afrikaanse vertoning gerig op kinders tussen die ouderdomme van 1-10 jaar oud. Lollos se hele uitgangspunt is om kinders aktief te kry en saam te dans – die vertonings is dus uniek deurdat terwyl hulle lekker saam beweeg en fiks word hul ook iets leer.  Hulle leer onder andere die ABC, hoe om te tel, die dae van die week, hoe om gesond te eet en fiks te raak, hulle leer van ons land, herwinning en vele meer.

Lollos stel jaarliks ‘n nuwe produksie, CD en DVD bekend. Hierdie produksie, Lollos 8 – Skaterlag is einde Maart 2016 by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees in Oudtshoorn bekendgestel.

Lollos het tot op hede sewe CDs en DVDs uitgereik waarvan ses platinum status bereik het. Lollos het ook ‘n SAMA toekenning gewen vir die beste kinderalbum; ‘n Ghoema toekennning nominasie in 2015, en dan ook in 2015 die Tempo Toekenning vir die topverkoper DVD.

Lollos en die karakters is so gewild dat daar oor die afgelope paar jaar ‘n reeks produkte bekendgestel is wat onder andere storieboeke, aktiwiteitsboeke, badprodukte, klere, sagtespeelgoed, rugsakke, beddegoed, kampstoele, ‘n Lollos partytjiereeks en dies meer insluit. ‘n Hele paar van hierdie items sal ook op die dag by die konsert te koop wees.

Lollos 8 Skaterlag:

Lollos het sy lag verloor. Ewe skielik wil sy vlerkies nie meer klap om te kan vlieg nie, nie eers as die kindertjies lag nie! Dit maak vir Lollos baie mismoedig. Lettie en Disco moet gou ‘n plan beraam om weer Lollos se lag terug te kry.  Hulle vra vir Karla om saam met hulle ‘n kompetisie te hou om iemand te vind wat weer Lollos se lagsnare sal kan kielie.  Intussen skaterlag die gehoor op die ritme van skreeusnaakse nuwe Lollos-liedjies en hulle kan beslis ook weer die ou bekendes verwag in ‘n opgewekte vertoning met lekker gehoordeelname. Sal Lollos weer sy lag vind? Kom help hom asseblief soek!

Gedurende die Lollos 8 Skaterlag konsert sal daar natuurlik ook ‘n paar van ons ou gunstelinge van die vorige CD’s en vertonings wees! ‘n Vertoning is ongeveer 45-50 minute lank. Daar is vier akteurs in die vertoning: Lollos, Lettie, Disco en Karla.

Vertonigs:

KOMPETISIE:

Staan ‘n kans om twee kaartjies na elke vertoning asook ‘n Lollos CD te wen. Om vir hierdie kompetisie in te skryf, vul gerus die onderstaande kompetisievorm in en gebruik die woord ‘LOLLOS’ as die sleutelwoord.

 

Exit mobile version