Wees deel van Bok van Blerk se DVD opname

Kan jy nog onthou waar jy was toe jy die eerste keer die Bok van Blerk-treffer, De La Rey, gehoor het?

 

Dalk was dit ‘n hoendervleis-gevoel? Daar was dalk selfs ‘n traan of twee?

Nou kan jy daardie gevoel herleef en terselfdertyd deel van geskiedenis wees by twee eksklusiewe konserte waar Van Blerk al sy grootse treffers vir ’n opname van sy DVD Van De La Rey Tot Nou gaan opvoer.

Aanhangers kan uitsien na treffers soos ’68 Chevy, Vodka en OJ, Koue Voete, Warm Liefde en patriotiese treffers soos Land Van Melk en Heuning, Kaplyn, Sing Afrikaner Sing en De La Rey.

Van Blerk gaan ook sy nuwe enkelsnit, Van De la Rey tot nou, bekendstel.

Die twee vertonings word by Weiveld aangebied, onderskeidelik op Donderdagaand, 8 September (R120/per persoon) en Vrydagaand 9 September (R150/per persoon).

Deure open 19:00 en kaartjies is by iTickets SA (www.itickets.co.za) beskikbaar. Besoek www.bokvanblerk.co.za vir meer inligting.

 

Exit mobile version