As ‘n hond maar net kon praat

Jeanne Goosen se gewilde roman, 'n Paw Paw Vir My Darling, is verfilm en die rolprent, wat uit 'n straatbrak se perspektief vertel word, word vroeg volgende jaar landwyd uitgereik.

Tsjaka, ‘n straatbrak van Damnville, glo goedkoop koskorrels veroorsaak onwelriekende winde. Hy hou ook nie aldag van hulle einde-van-die-maand-drinkery van daardie Damnvillers nie en is stert-in-die-lug verlief op ‘n opregte hond van Waterkloof.

Oeps, dit kan mos net probleme veroorsaak…

Jeanne Goosen se gewilde honde-roman ‘n Pawpaw Vir My Darling, is die afgelope paar maande in ‘n rolprent verwerk en gaan vroeg volgende jaar uitgereik word.

Die fliek is ‘n greep uit die lewe van die Beeslaar-famile van Frik Du Preezstraat 24, Damnville, wat afspeel in 2003 en hul lief en leed gesien deur die oë van hul straatbrak, Tsjaka (Zeus, met die stem van Tobie Cronjé), ook die hoofkarakter en storieverteller.

Die fliek spog met ‘n sterbelaaide rolverdeling. Gesoute akteurs soos Sandra Prinsloo, Marcel van Heerden, Andre Stolz, Deirdre Wolhuter, Deon Lotz, Brümilda van Rensburg, Willie Esterhuizen, Lida Botha en Marga van Rooy is maar net ‘n paar van die bekendes wat kom gesig wys.

Koos Roets, wat bekendheid verwerf het as regisseur na Nag van die Negentiende en Kaalgat tussen die Daisies is die regisseur.

Jean het in die boek baie omsigtig verwys na Damnville. Toe sy later daaroor uitgevra is, het sy ontken dat dit ‘n verwysing is na Danville, wat deur party mense beskou word as die verkeerde kant van Pretoria.

Haar uitbeelding van die Beeslaar-familie het ‘n paar regte Danville-families warm onder die kraag gehad. Ja, hulle almal is beslis nie só nie.

Volgens Alishia van Deventer, woordvoeder van die rolprent, is die meeste tonele in Westdene in Johannesburg geskiet en nie in Danville nie.

Die tema-lied, ‘n Pawpaw Vir My Darling, is geskryf deur Anton Goosen en sal aan die begin van Oktober uitgereik word.

Anton vertel: “Koos Roets het my so jaar of wat gelede gevra of ek kans sien vir Pawpaw se temaliedjie. Ek het Jeanne Goosen se boek destyds geweldig geniet, veral haar humor. Jeanne en ek is nie familie nie, maar ons hou van mekaar. Sy het haar geskeur vir die statement destyds dat Jurie en Patricia dieselfde persoon in “drag” is.

“En ek, toe sy my vertel dat sommige lesers haar in 1979, toe sy redakteur by ‘n Afrikaanse Pretoria-koerant was, gevra het of sy Anton Goosen se ‘liewe vroutjie is’.”

“Toe ek die draaiboek lees, toe weet ek die song moet wees soos Boy Van Die Suburbs destyds – oor die zef kant van sake, maar ook patos en deernis en soos die boek, uit die hond se oogpunt, maar sonder blaf-effekte op die klankbaan,” vertel Goosen.

“Koos het die effense ‘blues-feel’ voorgestel. In lyn met hoe ek met onlangse opnames teruggekeer het na my eie aardse klank, en selfs meer aards as ooit voorheen, het ek die temalied ook so benader.”

– Wat sou jou hond oor jou familie te sê hê as hy kon praat? Star Bust Promotions gee twee dubbel kaartjies weg na die premiere van Paw Paw vir my Darling in November in Pretoria.

Skryf vir ons ‘n 300-woorde storie uit jou hond se perspektief en plaas dit op ons Facebook-blad https://www.facebook.com/PretoriaRekord?fref=ts. Die storie moet deur ‘n foto van jou hond vergesel word. Teen Oktober sal Star Burst Promotions deur die stories sif en die wenners aankondig.

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 072 435 7717.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook or follow us on Twitter.

Exit mobile version