Innibos 2015: Daar vat hy ons vroumense aan!

RadioRaps: As jy weer sien, moet jy 'n tafel vir vier bespreek, want dit lyk soos Bothaville se silo's.

Daar vat hy ons vroumense aan! Vrouens is weird, ons hou van Twilight en ons haat dit as mansmense by ons aanlê as ons ‘n girls’ night het.

Dit is die woorde van die skreeusnaakse Jonathan van RadioRaps wat gister sy eerste optrede by Innibos se Boma-kuierteater gemaak het. Hy vertel dat sedert hy in 2014 begin het om sy “wysheid” te deel, voel hy dat hy die wêreld ‘n beter plek gemaak het. “Toe het ek al besef vrouens is weird en hulle volg my nie op sosiale media soos die res van die boys nie.”

Die rede? Vrouens is vreemd en ons doen vreemde goed. Soos byvoorbeeld, as iemand ‘n jong pop vra om vir ‘n foto te pose, trek Jonathan sy lippies in die bekende pout-posisie en noem dit ‘n kathol.

Ons is ook glo insecure oor hoe ons lyk.

Jonathan van die Oosrand.

“As ‘n girl vir jou vra hoe sy lyk, val jy haar onmiddellik in die rede en sê, ‘baie mooi’. Vrouens is sensitief en hulle begin by hulle boesems. Ons verstaan dit, nie almal kan sulke grotes hê nie. Danksy technology kan ‘n mens die goed enhance. En dan as jy Marie vir vier weke nie by die werk sien nie, dan wonder jy of sy dalk ‘n sinusoperasie ondergaan het.

As jy weer sien, moet jy ‘n tafel vir vier bespreek, want dit lyk soos Bothaville se silo’s. Daardie paar pappies!”

Vir Jonathan is dit die snaaksste as vrouemense op ‘n ladies’ night uitgaan. “Hoe was dit? Lekker gesels? Oe! Nee! Al die mans lê by ons aan. Maar kyk hoe lyk jy? Dit is nie asof jy met ‘n Orkney Snork Nie-sweetpak uitgaan nie?”

Die man van die Oos-Rand love muso’s! “Hulle kry baie stert. Daar lê veral baie waarde in countrymusiek. Dit laat my besef dat dit baie slegter met iemand anders gaan as met my. As dit nie die hond is wat onder die bakkie beland of die hael wat die oes vernietig het nie, is dit hulle skoonma wat nog leef.”

Toeskouers neem ‘n foto van die muurtjie af waar hulle gesit het net om vir Jonathan te sien.

Hy het sy vertoning afgesluit met ons wat natuurlik vrek oor die rolprent, Twilight. “Dit is iewers in Kanada geskiet. Dit is -10°C en almal dra kort hempies en is gekondisioneerd. Dan kry jy die lang wit akteur met ‘n afskuwelike perm. Maar Bella is verlief op hom.

“Ek meen, wie ry ‘n Volvo?

Maar Bella love hom. Aan die ander kant kry jy die ou wat nie eens ‘n korthemp dra nie, hy dra sommer niks nie. En dan ewe skielik verander hy in ‘n Alsatian wat so geteel is dat hy kameelperde kan jag.”

Nie al die ouer mense het die hele verto-ning gebly nie, maar daar was nie plek vir ‘n muis nie. Moet nie sy opvolgverhaal vandag om 13:00 in die kuierteater misloop nie.

Rapsaanhangers het selfs in die boom gesit omdat daar nie genoeg sitplek was nie.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version