Ben Schoeman gee uitvoering by Atterbury Teater

Wen 'n kaartjie om vir Ben Schoeman by die Atterbury Teater te sien.

Steinway-kunstenaar Ben Schoeman word gereken as een van Suid-Afrika se voorste pianiste en is eersdaags by die Atterbury Teater te sien. As pianis het Schoeman reeds naam gemaak en is bekend vir solo-uitvoerings, kamermusiek en concerto-optredes in Europa, Kanada, die VSA en Suid-Afrika.

Sy solo-album, wat werke van Franz Liszt bevat, is onlangs onder die “TwoPianists”-naam bekendgestel en aanhangers van klassieke musiek kan uitsien na ‘n aand van betowering wanneer Schoeman op 22 Mei by die Atterbury Teater op die verhoog verskyn.

Schoeman het al groot pryse gewen, insluitende die eerste groot prys in die 11de UNISA Internasionale Klavierkompetisie in Pretoria (2008), eerste prys en goue medalje in die Royal Overseas League Musiekkompetisie in Londen (2009) die Standard Bank Young Artist Award for Music (2011), die IBLA Grand Prize Competition in Italië (in samewerking met tjellospeller Anzél Gerber in 2012) en die Kontemporêre Musiekprys by die Cleveland Internasionale Klavierkompetisie in die VSA (2013).

Die program vir die aand is soos volg: Johann Sebastian Bach – Engelse Suite no. 2 in A mineur, BWV 807; Robert Schumann – Humoreske, Op. 20; Gabriel Fauré – Nokturne no. 7 in C-kruis mineur, Op. 74 (1898); Zoltán Kodály – Danse van Marosszék (1927) en Robert Schumann – Simfoniese Etudes, Op. 13.

Vir meer inligting, besoek sy webtuiste by www.benschoeman.com.

KOMPETISIE: Vir jou kans om een van twee dubbelkaartjies na hierdie spesiale vertoning te wen, SMS die woord SCHOEMAN en jou naam en van na 42282.

Die kompetisie sluit Woensdag 20 Mei om middernag. ‘n SMS kos R1.50. Gratis SMS’e nie van toepassing.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

Exit mobile version