Groot pret by Protea Cullifest

Dit is weer tyd vir die jaarlikse Protea Cullifest van 1 tot 2 Mei by die NG Premiermyn-gemeente.

Naweke is vir ontspanning, maar as jy nie seker is wat om die komende langnaweek met jouself aan te vang nie, kan ons help.

Dit is weer tyd vir die jaarlikse Protea Cullifest van 1 tot 2 Mei by die NG Premiermyn-gemeente.

Die fees van twee dae bied vertonings deur Paul Luckhoff en Frank Opperman op 1 Mei.

Saterdag kan musiekaanhangers uitsien na kunstenaars soos Willem Botha, Moni­Que, Pieter Koen en Ampie.

Hierdie is die fees se 14e bestaansjaar en die Protea-blom dien as kern vir vanjaar se vieringe.

Feesgangers gaan ook kans kry om van hul gunsteling-akteurs van 7de Laan en Binnelanders te ontmoet.

As ‘n spesiale vertoning sal die rolprent Uitgevang, ‘n produk van versteekte kamera­werk, die aand van 1 Mei op ‘n groot skerm te sien wees.

Benewens vermaak is daar ook heelwat bedrywighede om die kleinspan besig te hou.

Dagtoegang vir Vrydag 1 Mei beloop R30 vir volwassenes en R10 vir kinders tussen die ouderdomme van 6 en 12 jaar.

Dagtoegang vir Saterdag 2 Mei beloop R50 vir volwassenes en R20 vir kinders tussen die ouderdomme van 6 en 12 jaar.

Kaartjies vir die verhoogvertonings word afsonderlik verkoop teen R100 en R120 per persoon en is beskikbaar by die fees of Computicket.

Om een van 10 dubbel­kaartjies vir die fees op 2 Mei in Cullinan te wen, SMS die woord CULLINAN en jou naam en van na 42282.

Die kompetisie sluit Donderdag

30 April om middernag. ‘n SMS kos R1.50. Gratis SMS’e nie van toepas­sing.

Vir die kans om een van vyf dubbel­kaartjies na die Paul Luckhoff vertoning: Die koeël is deur die kerk op 1 Mei in Cullinan te wen, SMS die woord LUCKHOFF en jou naam en van na 42282.

Die kompetisie sluit Woensdag 29 April om middernag. ‘n SMS kos R1.50. Gratis SMS’e nie van toepassing.

Om een van vyf dubbel­kaartjies vir die Frank Opperman verto­ning: Die klaag­liedere van Ds Tienie Benadie op 1 Mei in Cullinan te wen, SMS die woord OPPERMAN en jou naam en van na 42282. Die kompetisie sluit Woensdag 29 April om middernag. ‘n SMS kos R1.50. Gratis SMS’e nie van toepas­sing.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version